Video: Donkie sing te lekker saam aan ‘Lion King’

Travis Kinley en Nathan (Skermgreep uit die video)

Internetgebruikers wêreldwyd lag lekker vir ʼn video van ʼn man en sy donkie wat “Circle of Life” uit die Disney-fliek, The Lion King, sing.

Travis Kinley, van Sumter in Suid-Carolina in die VSA, het dié video op Facebook gedeel waar dit reeds meer as 4,5 miljoen keer gekyk is. Travis trek weg met die eerste paar note en sy donkie, Nathan, sluit gou by hom aan – en steel die kollig.

“Ek het glad nie geweet Nathan sou balk nie,” het Travis aan Fox Carolina gesê. “Mens kan in die video sien hoe geskok ek is toe hy begin! Hy het natuurlik al vantevore gebalk, maar nog nooit só nie!”

“Skreeusnaaks … ek is dol daaroor!” het een persoon in die kommentaar geskryf. “Ek het so hard gelag, ek het dit oor en oor gekyk!” het ʼn ander gesê.

Travis het aan Live 5 News gesê die video was aanvanklik net ʼn “grap”. “Ek het my foon uitgehaal en begin opneem en toe het hy langs my begin balk. Ek dink hy het gesien ek maak geraas, en hy weet hy kan lekker geraas maak, en toe dink hy hy sal saam met my geraas maak!”

???????????????? Did the Lion King opening and Nathan joined in with me! ???????????????? I love this dude! #DareToShare #IWokeUpLikeThis

Posted by Travis Kinley on Thursday, July 25, 2019

Klik hier as die video nie direk in jou webblaaier speel nie

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Maria ·

ha,ha,ha….nou lag ek lekker vroeg vanmore en dankie ! oulik!

Kraai ·

O die donkie, die donkie bly maar n wonderlike ding. LOL. Hy moet goue status kry

Bloudrom ·

Almal maak grappe oor die edel dier. Skaam julle. Dis n dier wat vir 5 doeleindes gebruik kan word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.