Dit bring groot vreugde om ʼn pragtige geskenk vir iemand te gee. Die uitsoek en toedraai van die geskenk is ook deel van die lekkerte. Vir sommige mense is die toedraai sommer maklik, maar vir ander kan dit soms ʼn uitdaging wees.
Die Youtube-gebruiker, BeatTheBush, wys die Japanese manier om geskenke toe te draai. Al wat jy nodig het, is geskenkpapier en twee hande. Jy het nie eens kleefband nodig nie. Dit is heel eenvoudig en dit eindresultaat is pragtig.
Volgens Lifehacker.com, sal dié metode slegs met bokse werk, maar probeer dit gerus en laat weet of hierdie metode maklik is om onder die knie te kry.
Ek wil geskenke ontvang nie toedraai nie wag al laaaaaaaaank !!!
Baie oulik gaan dit gerus probeer. Miskien kan mens dan van daardie duur geskenk papier probeer red vir volgende jaar