Video en foto’s: 102-jarige vryval tot in Guinness-rekordboek

Irene O’Shea en Jed Smith (Foto: SA Skydiving)

Irene O’Shea, 102 jaar oud, het met haar vryval uit ʼn vliegtuig die oudste persoon in die wêreld geword wat dit kon regkry.

Irene was Sondag 102 jaar en 194 dae oud toe sy in Suid-Australië vir die derde keer saam met ʼn instrukteur uit die vliegtuig gespring het, in ʼn poging om geld in te samel vir die Motorneuronsiekte-vereniging in Suid-Australië.

Irene se dogter is 10 jaar gelede oorlede as gevolg van dié siekte.

Irene het vir die eerste keer in 2016 haar 100ste verjaarsdag gevier saam met die span van SA Skydiving net buite Adelaide. Sy het in 2017 teruggekeer om die oudste vrou te word wat uit ʼn vliegtuig vryval en nou, in 2018, is sy die oudste persoon ooit.

In die video vertrek Irene saam met haar instrukteur, Jed Smith, by die SA Skydiving Langhorne Creek Drop Zone om net hoër as 14 000 voet saam met hom uit die vliegtuig te spring. Sy het tydens die vlug ekstra suurstof gekry om haar voor te berei vir die sprong.

Jed het al 10 jaar ervaring as ʼn vryval-instrukteur en reeds meer as 3 700 spronge behartig. Hy het ʼn spesiale harnas waarmee hy Irene kan ondersteun tydens die landing.

Irene poog om minstens AUS$10 000 in te samel vir verdere navorsing vir MNS.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Johnnie ·

Waar daar n wil is is daar n weg. Baie geluk aan die ouma sy is n besonderse mens.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.