Dié bruidegom se grootste bekommernis dat hy dalk tydens sy huwelikseremonie oor sy woorde gaan struikel, is bewaarheid.
Die video is al in 2009 deur die gebruiker Larry McDonough op YouTube gelaai, maar doen nou weer die ronde op sosiale media. Die glips is al meer as 6 miljoen keer gekyk.
Andrew en Melissa se dag is deur Genesis Video Productions verfilm en hierdie video is ook tydens die program, America’s Funniest Homevideos gewys.