ʼn Hiëna het onlangs by die Shindzela-safarikamp in die Krugerwildtuin hom byna boeglam geskrik toe hy niksvermoedend reg op ʼn leeumannetjie afgestap het.
Aanvanklik lyk dit of hy doodluiters gaan verbystap, maar toe hy skrik en omswaai, spring die leeu ook op.
Die gebruiker Kruger Sightings laai gereeld interessante natuurvideo’s uit die Krugerwildtuin op sy YouTube-kanaal.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
2 Kommentare
Hierdie hiëna het goeie wieltolbeheer aan die dag gelê. Weet nie of ek so vlugvoetig sou kon koers kies met jellerige bene nie!
Ag dierbaarheid. Daardie 4 x 4 het nou oortyd gewerk. Ek is baie bly hy het weggekom en nog ‘n kans gekry. Skuus oom leeu!