Video: Inwoners swaai elke jaar appels om nuwe jaar “skoon” te begin

Takanakuy

Takanakuy Foto: https://sites.psu.edu/mgeitnerrcl/2013/11/04/takanakuy/

‘n Video volg onderaan die berig. ʼn Klein dorpie in Peru in Suid-Amerika se inwoners dam mekaar elke jaar by net ná Kersfees tydens ʼn fees wat Takanakuy genoem word, om die nuwe jaar “met ʼn skoon bladjie” te begin.

Die helderkleurige maskers word afgehaal en dan begin hulle appels swaai en mekaar skop. Maar dan, met geswolle en bebloede gesigte skud hulle blad en omhels mekaar omdat die persoonlike dispuut “uitgesorteer” is. Andersins sal hulle volgende jaar mekaar weer aandurf.

Takanakuy dateer nog voor die Spaanse koloniale regering en gebeur twee keer per jaar: in Julie en net ná Kersfees in die hooglande provinsie Chumbivilcas naby Cuzco. Dit het onlangs ook in Lima kop uitgesteek.

Die fees word al ʼn week vooraf gekenmerk aan tradisionele danse en musiek en groot hoeveelhede alkohol wat verbruik word.

Die bakleiers se hande word gewoonlik met lappe toegebind, maar dit is nie net die mans wat aan Takanakuy deelneem nie. Vroue en kinders sê mekaar ook soms die stryd aan.

Klik hier om meer te lees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Stoere Boer ·

Maggies sal darem ook daarvan hou om ‘n appeltjie met sommige van ons land se mense te skil.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.