Video: Kat speel klaviertjie as hy honger is

Skermgreep uit die video

Katte is baie slim en dié kat weet net hoe om aandag te trek.

Die musikant Kate Nyx het haar kat, Winslow, geleer om op ʼn klein klaviertjie te speel wanneer hy honger is. As mens na Winslow se lyfie kyk, dan kan mens nie help om te wonder of hy heeldag lank ʼn liedjie op die klavier tokkel nie!

Die sewejarige kat het ʼn internetbekende geword danksy sy musikale talent en groot aptyt. ʼn Video wat Kate op Twitter van Winslow gedeel het, is reeds meer as 1 miljoen keer gekyk.

In die video tokkel Winslow ʼn paar note en Kate vra: “Is dit tyd vir ete?” Winslow antwoord met ʼn miaau. “Wanneer is dit ete? Dis nog nie nou nie..” Volgens die video was dit twee ure voor Winslow se etenstyd.

Kate het hom glo geleer om eerder op die klaviertjie te speel, andersins maak hy te veel geraas as hy haar aandag wil trek.

“Hy het gewoonlik die heeltyd rondgehardloop en gehuil en ek het besef dis nie ʼn goeie ding nie. Die klavier is ʼn ander manier vir hom om te kommunikeer en nou hoef hy nie meer blou moord te skree nie,” het Kate verduidelik.

Hy speel egter nie net klavier as hy kos soek nie. Hy kommunikeer verskillende behoeftes. “Dis oor die algemeen sy alarmstelsel. Ek het hom aangemoedig om sy pote heen en weer oor die sleutelbord te skuif en nou doen hy dit as hy regtig na iets op soek is.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Irma ·

Ja Anel dit lyk vir my asof hy te veel tokkel op daardie klaviertjie.

Noels244 ·

Ek het 6 katte so hulle sal my kens maak as hulle op ‘n klaviertjie moet leer speel

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.