Video: Kyk hoe boom ‘asem haal’

Skermgreep uit die video

ʼn Merkwaardige video is op sosiale media gedeel wat wys hoe ʼn boom “asem haal”. Die beeldmateriaal laat kykers kopkrap, op soek na ʼn moontlike rede vir die vreemde verskynsel.

Die kort video is deur Viral Hog op YouTube gedeel. Die voorval is in Junie in Calgary, Kanada verfilm. “Calgary het swaar reënval (verwagte 100 mm) en sterk wind (rukwinde van tussen 70 km/h en 90 km/h) ervaar,” lui die beskrywing by die video.

ʼn Man wat bome verwyder wat gevare kan inhou, het die video geneem. “Ons het reeds ʼn paar bome in die gebied verwyder wat omgeval of op ander bome beland het, toe ons ʼn harde kraakgeluid gehoor en dié boom gesien het.”

Volgens hom het die wind dit laat lyk asof die boom asem haal.

Die video is reeds meer as 5 miljoen keer gekyk. “Dit lyk soos iets uit Stranger Things,” skryf een kyker. “Dis bietjie grieselrig.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.