Video: Man deur swaardvis aangeval

Skermgreep uit die video

ʼn Ou video van ʼn duiker wat deur ʼn swaardvis aangeval word, word opnuut op Twitter gedeel en kykers staan verstom oor die beeldmateriaal.

Die duiker Paolo Eduardo was besig met herstelwerk op die seebodem aan die kus van Brasilië, toe die swaardvis hom onverwags aangeval het. ʼn Video van die voorval, wat in April 2016 plaasgevind het, word nou weer op sosiale media gedeel.

Eduardo is ʼn versadigingsduiker wat diep onder die see werk. Dié duikers word spesiaal opgelei om in vaartuie te bly en herstelwerk, installasie en sloopwerk te doen en ander operasies uit te voer.

In die video is Eduardo besig met herstelwerk aan die seebodem. ʼn Swaardvis nader hom en raak verstrengel in Eduardo se duiktoerusting. Ná verskeie pogings kan die swaardvis homself nie bevry nie. Eduardo lyk baie ongemaklik en beweeg nader aan die toerusting wat suurstof aan hom verskaf.

Die beeldmateriaal is verfilm deur ʼn afstandbeheerde onderwater-voertuig (ROV), volgens ʼn berig deur Divernet.com. Inligting op die video wys die duikvaartuig was die Wyatt Candies, ʼn Amerikaanse skip wat in 2013 gebou is.

“My skuba-instrukteur het gejok! Hy het gesê seediere val mens net aan as hulle uitgelok word,” het een persoon in die kommentaar geskryf.

Eduardo het nie beserings opgedoen nie.

Andy Seymour, direkteur van ondersese dienste vir Brasilië, het gesê dit is ʼn baie ongewone voorval. “Ons is verlig dat die ou en die vis ná die tyd steeds kon rondswem.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Martin ·

Paolo het seker lekker vis & chips geëet daardie aand… So ‘n swaardvis is darem maar lekker.

QueenB ·

Vir my lyk dit die vis het perongeluk im hom vas geswem en kon toe nie los kom nie dus gun aangeval

Sandra ·

Ek dink nie hy was as ‘n mens aangesien nie, miskien as kos. Dit was beslis nie, dink ek, beplan deur die swaardvis nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.