[Video] Man sweef hoog bo Jhb met tuinstoel en ballonne

‘n Skermskoot uit die video

Dit was soos ʼn toneel uit die Pixar-fliek Up – ʼn Britse man het hom onlangs aan ʼn tuinstoel vasgemaak, 100 heliumballonne aan die stoel vasgebind en toe langer as twee uur meer as 2 km bo die grond noord van Johannesburg gesweef.

Tom Morgan (38), die eienaar van ʼn Britse maatskappy wat programme vir waaghalse aanbied, het besluit om dié vreesaanjaende vlug aan te pak omdat hy beplan om in ʼn stadium die eerste heliumballon-“lugwedren” in Afrika aan te bied.

Morgan kon daarin slaag om sowat 2,4 km bo die grond te sweef en ʼn afstand van nagenoeg 25 km af te lê. Die vlug is aanvanklik beplan om in Botswana plaas te vind, maar is ná vele mislukte pogings na Suid-Afrika geskuif.

Hy het gekies om dié vlug toe noord van Johannesburg af te lê omdat daar geen gevaar was om in die see te beland nie. “Tydens ons oefensessies was dit moeilik om vas te stel presies wat die perfekte weer vir só ʼn vlug sou wees en die ballonne het heeltyd gebars. Aan die einde van die proeflopies was daar nog net genoeg ballonne oor vir een probeerslag,” het hy vertel.

Morgan en sy span het besluit om dié vlug toe wel aan te pak en boonop te laat tel. Hy kon deur middel van ʼn radio kontak behou met veiligheidspanne op die grond. Hy sê hy het gemengde gevoelens van “opwinding en angs” gevoel.

Hy kon daarin slaag om ná twee uur weer op die grond te land deur van die ballonne los te sny.

“Ons was nie eens seker dat ons hom weer lewend sou sien nie. Ons het nie gedink ons gaan hierin slaag nie,” het Matthew Dickens, ʼn projekbeplanner vir Morgan se maatskappy, gesê. “Nou het ons dit reggekry en is baie opgewonde oor die toekoms.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Hannah ·

Somtyds het mense meer waagmoed as wysheid… wat op dees aarde motiveer mense om so-iets te wil doen?

Richard ·

Die vertalings op Maroela is dikwels grammatikaal baie anglisisties.

Die Engelse konstruksie: “The flight was planned to take place in Botswana” moet nie vertaal word as “Die vlug is beplan om in Botswana plaas te vind” nie. Eerder “Daar is aanvanklik beplan dat die vlug in Botswana sou plaasvind” of “Die aanvanklike plan was dat die vlug in Botswana sou plaasvind” of “Daar is beplan dat die vlug in Botswana sou plaasvind” of “Die vlug sou eers in Botswana plaasvind”.

Die konstruksie “…is *werkwoord* om…” is anglisisties en behoort nie gebruik te word in Afrikaans nie.

Kasper ·

Neewat ek soek nie woordeboekafrikaans nie, ek wil net lekker lees en solank ek net verstaan is ek gelukkig. Maroela is top net soos hulle is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.