Video: Miljoene kyk na truuk met suikerpakkie

Skermgreep uit die video

ʼn Man se oëverblindery-toertjie met ʼn sakkie suiker laat kykers verstom. Die video wat op Twitter gedeel is, is reeds meer as 5,5 miljoen keer gekyk.

ʼn Man staan by ʼn vulstasie, skeur ʼn suikerpakkie oop en strooi die suiker uit die pakkie dan in sy linkerhand. Hy hou die leë sakkie in sy mond en gooi die suiker in die lug.

Dan “vang” hy oënskynlik die suiker in sy regterhand en gooi die suiker weer terug in die sakkie.

Volgens Ladbible is die video aanvanklik op TikTok gedeel deur die gebruiker @jadon.ray, waar dit meer as 6,5 miljoen keer gekyk is.

Hier is die volledige video:

Talle kykers reken egter hulle weet presies wat gebeur. “Al wat ek kan dink, is dat iemand anders vir hom die suiker aangee,” skryf een persoon. Dié raaiskoot word egter vinnig verwerp, toe ʼn ander daarop wys dat die man se hand slegs vir ʼn oomblik nie te sien is nie.

Die beste raaiskoot kom van iemand wat reken die man het ʼn vals duim waarin hy suiker wegsteek.

Wat dink jy?

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

SlinkseKoljander ·

Kyk presies op 6 sekondes, waar hy die vals duim uitruil van linkerhand tot regterhand.

Misky ·

Hoe ookal hy dit doen, dis baie goed gedoen en ek versot oor sulke kul kunsies.

Sandra ·

Ja wragtig, daar sien ek hom nou die “fake” duim omruil van die ander hand af. As ek nie daaroor gelees het nie, sou ek nie eens geweet het wat om voor te kyk nie. Die fake duim is in die ander hand. Hy steek sy ander duim in sy hand waarin hy oorspronklik die suiker gegooi het, en sit die duim op sy ander duim waarin die suiker al klaar is. Baie slim.

Jsgroen ·

Daai duim is beslis fake. Hopeloos te lank vir sy hand. In elk geval, baie goed gedoen.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.