Video: ʼn Olifant en ʼn tier ontmoet mekaar …

Skermgreep uit die video

Tiers is ervare jagters en bo-aan die voedselketting, maar selfs dié roofdiere hou nie daarvan om met olifante te sukkel nie.

Dia Mirza, ʼn aktrise en natuurlewe-aktivis, het ʼn video gedeel wat wys hoe ʼn tier pad gee toe ʼn olifant aangestap kom.

Die video wys hoe die olifant rustig in die woud aangestap kom terwyl ʼn tier in die paadjie lê. Die tier besef dan die olifant is op pad en maak homself vinnig uit die voete.

“Kyk wat gebeur aan die einde!” het Dia Mirza geskryf toe sy die video gedeel het.

Tiers jag gewoonlik mediumgrootte diere soos bokke, ape en wildevarke. Voorvalle waar tiers volwasse olifante aanval is baie seldsaam, maar nie ongehoord nie. Volgens die New Indian Express is ʼn olifant in 2009 deur ʼn tier doodgemaak in die Eravikulam-natuurreservaat.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.