Die video begin waar ‘n gewapende rower met ‘n motorfietsvalhelm die winkel betree en geld van die kassier eis. Die man kom later aangestap en betree ongeërg die winkel en rower. Hy stamp die rower weg selfs toe hy die vuurwapen teen sy kop druk. Die rower kry dan uiteindelik die sak geld en hardloop uit.
Dit is nie duidelik waar of wanneer die voorval plaasgevind het nie, maar hierdie oom het duidelik nie ‘n banghaar op sy kop nie.