Video: Perd is só lui, hy val om as iemand hom wil ry

Dié perd is só lui, hy maak of hy dood is elke keer as iemand hom wil ry.

ʼn Grappige video van Jingang is baie gewild op Facebook en is reeds meer as 23 miljoen keer gekyk.

Die videosamestelling is vervaardig deur Kritter Klub en Frasisco Zalasar het die video op sosiale media gedeel. Dit wys tonele waar Jingang telkens maak of hy dood is wanneer iemand hom nader.

Die dramatiese vertoning is ʼn Oscar-toekenning werd.

“Die perd wat ‘dood’ speel sodat mense hom nie kan ry nie,” het Zalasar geskryf.

Die video het op YouTube ook talle kommentare ontvang – veral van mense wat sê hulle kan vereenselwig met Jingang. “Dis letterlik ek, wanneer ek maak of ek slaap wanneer my ma my roep om skottelgoed te was,” het een persoon geskryf. “Dis ongelooflik – selfs die perd se tong hang uit en sy oë dop om!” lag nog ʼn persoon.

El caballo que se hace el muerto para que no le montén ????????????????????????

Posted by Victor E Garcia Barron on Friday, October 4, 2019

Klik hier as die video nie direk in jou webblaaier wil speel nie.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

derick ungerer ·

Miskien moet ‘n diere kenner genader word / of veearts om sy opinie te kry omtrent die geaardheid van die perd – dalk het hy ‘n inwendige besering wat dit vir hom ongemaklik maak as iemand op hom wil ry en daarom gaan le hy om so die boodskap oor te dra

Anna-Maria Flanegan ·

Derick ungerer, ek stem saam. Daar’s vircseker ‘n rede hoekom die perd so reageer. Perde kan nie praat nie en is bowendien baie slim!! ‘n ‘Horse whisperer’ kan dikwels help met só ‘n probleem.

Pop ·

Ek stem, hy kry dalk toeval as iemand naby hom kom, soos epilepsy.

Sandy ·

Al is dit nou hoe cute, ek het ook nou gesit en dink miskien is daar werklik iets fout met die perd dat hy elke keer dit doen. Hy lyk op die oog af heel gesond, maar miskien is daar ander issues.

Galoppie ·

Ag moeder dis te oulik. Dalk het hy ‘n onaangename ondervinding gehad of dalk rugpyn of iets. Of dalk geniet hy net die aandag en is hy super cute.

Michelle ·

Hierdie is nou glad nie “cute” vir my nie.
Daar moet iets fout wees.

Dink ook die perd het ‘n nare ondervinding erens gehad – of iets dergliks.
Glad nie normaal nie.

Sal my dood worry as dit my perd was.

Amelia ·

Ek ook, Michelle. Nou brandmerk hulle sommer die perd as “lui” en maak dit af as ‘n grappie. Arme perd!

humor ·

Ken ook n bietjie van perde. Ons ouer boere het gese die perd hou hom steeks en gaan le in die tuig.Wanneer hy keer op keer dit toegelaat word dan is daar n kondisioneringsproses en word dit herhaal. Al mdedisyne is vat n goeie sambok en slaan sy gat vuurwarm en as hy nog onwillig is om op te staan, gooi dan n klomp koue water in sy oor. n Perd verdra dit nie en staan dan vinnig op.

Amelia ·

Mishandel die dier, dus? Want hy skuld jou die arbeid, hoekom presies? Nee genade, as jy nie onder ‘n skuilnaam kommentaar gelewer het nie, het ek sommer die SPCA op jou gesit. Sien glad nie die “humor” raak nie.

dries ·

as kinders het ons so ‘n vaal ‘n donkie gehad wat dieselfde gedoen het. Die rede? Ons het die arme donkie voos gery tot hy moeg was daarvoor.

Ruby ·

Ek dink hierdie is ‘n sirkus toertjie wat sy eienaars hom geleer het.

Henryet ·

Ruby, ek hoop jy is reg, want n perd is gemaak om te ry. En as hy dit doen vreet hy net en dit kos R1600 permaand.

Dellie ·

Dis amazing………. Die Here het die wonderlikste wesens geskaap

aj ·

Lyk of dit “gestage” is.

Kyk die perd se toom word styf getrek na onder … ‘n tegniek wat aan alle perde geleer word in die militêre.

Lilly ·

nou lekker gelag. dis hoe ek voel as ek die vloere moet was.
dalk is sy bene te swak om regop te staan wanneer iemand wil ry

Anoniem ·

Dis dalk ‘n opgeleide perd wat in movies gebruik word waar hulle skiet op diere. Dis ‘n oulike eienskap. Die perd kan ‘n goeie toekoms as filmster hê. :-)

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.