Video: Pikkewyn help verdwaalde maat

Skermgreep uit die video

Video’s van diere is gewoonlik baie gewild op sosiale media.

Een van dié video’s is twee groepe pikkewyne wat mekaar tegemoet kom. Die twee groepe hou by mekaar stil, asof hulle vir ʼn rukkie lank met mekaar kuier, voor hulle weer in afsonderlike rigtings waggel.

Een pikkewyn sluit per ongeluk egter by die verkeerde groep aan en sy maat gaan haal hom om seker te maak hy bly by sy oorspronklike groep.

Die video is Vrydag op Twitter gedeel deur die gebruiker Tansu Yegen.

Die video is reeds byna 23 miljoen keer gekyk.

“Ons het almal dáái vriend,” skerts een kyker in die kommentaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.