Video: ‘Rooftog’ toe eintlik ʼn huweliksaanbod

Skermgrepe uit die video

Soms doen mans baie moeite om seker te maak hulle vra die groot vraag op die regte tyd, op die regte plek.

Een ou van Colombia het met ʼn bisarre idee vorendag gekom. ʼn Video van die voorval word wyd op sosiale media versprei.

Die video begin waar ʼn rooi motor by ʼn kruising stilhou. Ewe skielik storm ʼn voetganger en mans op motorfietse op die motor af en dit lyk of hulle die insittendes met ʼn vuurwapen dreig. Die man en vrou word uit die motor gedwing.

Twee lede van die ‘bende’ dwing dan die man op sy knieë voor die vrou.

In ʼn onverwagse wending hou die ‘bendelede’ skielik op met skree en die kêrel hou ʼn ring uit na sy meisie.

Toe sy besef dit was net ʼn poets, klap sy hom speels.

Sy sê “ja” en hy plaas die ring op haar vinger. Die paartjie omhels en soen mekaar.

Alhoewel sommige kykers die poets geniet, het ander gewonder waarom die jong man gedink het dít is ʼn goeie idee.

“Mens moet iemand liefhê in gesondheid en siekte, in ontvoerings en rooftogte,” skerts een persoon. Nog iemand skryf: “Hy het amper haar hart laat staan en dan het hy nie ʼn meisie gehad nie!” ʼn Derde persoon voeg by: “Sy was so rustig daaroor dat ek onseker is of ek bekommerd moet wees oor die land se toestand of en of dat dit dalk voorgee is.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Ronél ·

Waaaaaaaaaaaaaaaaaat, in hierdie dae dit SO beplan………………….???

George ·

@Ronel, nie in SA nie. Maar steeds die domste ding wat ek in n lang tyd gesien het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.