ʼn Video van die sesjarige Johanna Colón is binne vier dae reeds meer as 34 miljoen keer op Facebook gekyk en binne twee dae meer as 3 miljoen keer op YouTube.
Johanna het saam met twee maatjies Aretha Franklin se treffer uit 1967, R-E-S-P-E-C-T, tydens ʼn klopdans-kompetisie opgevoer, maar ongetwyfeld die kollig gesteel.
Haar ma, Elissa Colón van Raleigh in Noord-Carolina in Amerika, het Sondag die video op haar Facebook-blad geplaas met die beskrywing: “Johanna channeling Aretha Franklin!”