James Last, die bekende Duitse-orkesleier, is oorlede.
Lees meerAlles vir Woensdag 10 Junie 2015
Luister: Afrikaner-belangegroepe oor ANC-vergadering
Afrikaner-belangegroepe is van mening dat die ANC hulle op ʼn wipwaentjierit van beleidsonsekerheid lei. Die groepe het Dinsdag ʼn geslote gesprek met Gwede Mantashe, die ANC se sekretaris-generaal, gehad.
Ramaphosa sê nee vir referendum oor e-tol
Adjunkpresident Cyril Ramaphosa het Woensdag die moontlikheid van ʼn referendum oor die e-tolstelsel uitgesluit nadat die EFF hom uitgedaag het om ʼn stemming te hou oor die ‘gebruiker betaal’-beginsel.
Man gevonnis na hy vrou, skoonma vermoor
ʼn Vrystaatse man wat sy vrou en skoonma doodgeskiet en blind gelaat is nadat hy probeer selfmoord pleeg het, is Woensdag in die hooggeregshof in Bloemfontein gevonnis.
Pa vas na hy glo dogter verkrag
ʼn 40-jarige man van Zeerust in Noordwes het homself aan die polisie oorgegee nadat sy 13-jarige dogter hom van verkragting beskuldig het.
Groot soektog na leeumannetjie uit wildtuin ontsnap
Sanparke het ʼn soekgeselskap van nagenoeg 20 mense op die grond om te help soek na ʼn drie jaar oue leeumannetjie wat Vrydag glo uit die Karoo Nasionale Park buite Beaufort-Wes in die Wes-Kaap ontsnap het.
Seuns verdrink in dam by Brits-lodge
Die liggame van twee negejarige seuns is in ʼn dam by ʼn lodge in Brits in Noordwes gevind.
ToekomsVenster: Padwaardigheid
God maak my vir die reis padwaardig. Hy gee my ‘n nuwe lewe. Hy doen my enjin oor en sit sy restourasiewerk daagliks voort terwyl ek op reis is. Want sien, hy het dringend voertuie nodig vir sy werk.
Geen borgtog vir Bloemspruit-ouers ná ‘bose dade’ met kinders
Die 43-jarige pa en 33-jarige ma wat glo hul twee kinders mishandel en na bewering laat verkrag het, het in trane uitgebars toe hulle Woensdag borgtog in die Bloemfontein-landdroshof geweier is.
Foto’s: New York deur ‘n Suid-Afrikaner se lens
Eleine Janse Van Rensburg wat tans in New York woon, het haar gunsteling foto’s van dié bekende stad gedeel.
NK-vrou met baksteen aangerand in begraafplaas
‘n 22-jarige vrou van Windsorton in die Noord-Kaap is Dinsdagoggend ten aanskoue van haar 16 maande oue babadogtertjie deur twee mans oorval en met ʼn baksteen aangerand toe sy haar oorlede swaer se graf gaan besoek het.
Boek: Moenie die knoppie druk nie
’n Lekker lawwe, lawaaierige, holderstebolder kleuterboek oor een van die onweerstaanbaarste dinge op aarde – ’n knoppie wat smeek om gedruk te word!
Vrou skenk geboorte ná eierstok-oorplanting
’n Belgiese vrou van Kongolese herkoms is die trotse en gesonde moeder van ’n babaseuntjie nadat haar eierstokweefsel wat op 13-jarige ouderdom verwyder is later weer teruggeplant is.
Kaapstad-man se angsnag ná hy taxidiens gebruik
ʼn 37-jarige man van Kaapstad is in ʼn ernstige toestand in die waakeenheid van ʼn hospitaal nadat hy ontvoer is toe hy Vrydagaand van ʼn ongemerkte taxi gebruik gemaak het.
Goeie nuus: Baba wat in lug gebore is, vlieg 21 jaar later self daarheen
Rainier Horak, ʼn student aan die Universiteit van Pretoria (Tuks) en ʼn vlieënier, het Dinsdag as deel van sy verjaardagvieringe self na die plek gevlieg waar hy presies 21 jaar gelede op ʼn vlug van Tzaneen na Pretoria gebore is.
Boek: Saliger
Saliger is ’n roman wat handel oor goeie mense wat slegte dinge doen, en slegte mense wat goeie dinge doen, en hoe maklik dit is om die een met die ander te verwar. Wat meer is, die leser is tot op die einde vasgenael om te sien wie is goed of wie is nie.
Foto’s: Hier is die wenners van die Tempo-toekennings
Leandie du Randt, Bobby van Jaarsveld en Brümilda van Rensburg is ʼn paar van die bekendes wat gisteraand elk weggestap het met ʼn Tempo-toekenning.
Foto’s: R59 gesluit ná gru-ongeluk buite Vereeniging
Vyf mense is Woensdag beseer, waarvan drie kritiek, in ʼn ongeluk tussen ses motors en ʼn swaarvoertuig op die R59 buite Vereeniging in Gauteng.
Oom Herrie se kerrie: Oggendstond het ryp op die grond
Ja, dis weer tyd vir die oggendstond het ryp op die grond. Die winter het goed ingeklim, na hy eers so soort van wyd gehou het.
Meer as ‘n miljoen rand se skade ná skole brand
Meer as ’n miljoen rand se skade is aangerig in ’n brand by ’n skool in Limpopo en een in die Oos-Kaap.