[Video] Sien dié kuns slegs as dit reën

Foto: rain.works

Foto: rain.works

ʼn Kunstenaar het van ʼn nuwe moderne weergawe van onsigbare ink gebruik gemaak om kunswerke en tonele op sypaadjies te verf wat slegs sigbaar is wanneer dit reën.

Peregrine Church, ʼn straatkunstenaar van Seattle in Amerika het dié reeks openbare kunswerke, genaamd Rainworks, geskep. Church maak gebruik van ʼn hidrofobiese bedekking wat in Duitsland gebruik word om openbare urinering te voorkom.

Hy het spontaan met die kunswerke begin, aangesien owerhede aan hom bevestig het dat dit wat hy doen, wettig is. Die bedekking is nie giftig nie, nie permanent nie en slegs soms sigbaar. Hy adverteer ook nie enigiets nie.

Volgens Church is die kunswerke tussen 4 maande en ʼn jaar lank sigbaar, afhangend van hoeveel die betrokke sypaadjie gebruik word. Dit is die duidelikste binne die eerste paar weke nadat dit aangespuit is.

Kyk hier waar is die kunswerke oral sigbaar
Bestel die verf teen $29-00
‘n Video van die kunswerke en ‘n gesprek met Church volg onderaan die foto’s.


ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Johann ·

Jare gelede was daar ‘n rolprent “Now you see him, Now you Don’t “. Dit was van ‘n student wat onsigbare ink ontdek het. As jy dit drink, word jy onsigbaar en nét die deel van jou liggaam wat nat word, was sigbaar! Die gevolge was baie lagwekkend. Miskien onthou meer lesers die rolprent nog.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.