Video: Slaap in ʼn kitaar vir ʼn aand

Die kitaarhotel in Hollywood, Florida in die VSA (Foto: Seminole Hard Rock/Twitter)

Die wêreld se eerste kitaar-hotel maak in Oktober vanjaar sy deure oop in die suide van Florida in die VSA en jy kan reeds van 24 Julie jou verblyf bespreek.

Die $1,5 miljard (ongeveer R21,6 miljard)-hotel van Hard Rock in Hollywood, Florida, is deel van ʼn groter projek – ʼn $2,2 miljard-projek waar twee bestaande Hard Rock-hotelle (met casino’s) uitgebrei word (die tweede hotel is in Tampa geleë).

Die hotel, in kitaarvorm, gaan ongeveer 121 meter hoog wees en sal na verwagting op 24 Oktober sy deure oopmaak. Die musiekgroep Maroon 5 is reeds bespreek vir die openingsaand.

Jim Allen, voorsitter van Hard Rock International en uitvoerende hoof van Seminole Gaming, het besonderhede oor die nuwe kitaarhotel tydens ʼn perskonferensie in New York bekendgemaak. “Die Hard Rock-handelsmerk is sterker as ooit te vore. Die handelsmerk verteenwoordig meer as net kos, drankies en verblyf.”

Die musikale element is ʼn baie groot deel van die handelsmerk en is opmerklik in Hard Rock se hotelle, restaurante en vermaaklikheidseiendomme wêreldwyd.

Dit is nog nie duidelik wat ʼn aand se verblyf jou in die kitaarhotel (638 luukse kamers en ʼn bykomende 168 kamers in die Oasis Tower) gaan kos nie. Terloops, as jy in die Oasis Tower bly, het jy ʼn uitstekende uitsig oor die kitaar – jy moet dus kies of jy in die kitaar self wil bly of die kitaar wil sien.

Chris Osceola van die Tribal Council in die VSA het bygevoeg: “As mens aan Hollywood dink, dan dink jy gewoonlik aan Hollywood, Kalifornië. Dié kitaar gaan dit verander.”

Lees meer: Hard Rock Hotel, Daily Mail, CNN

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Jacques die Goodwoodianer ·

ñ Kitaarvormige hotel vir ñ aand. “No strings attached.”

Patch ·

Barend wonder ook, sover ek weet is Hollywood in die staat California en nie Florida nie

Anna ·

Daar is nog n Hollywood. Tussen Miami en Fort Lauderdale, in Florida.

Valerie ·

Wat is ‘n kitaar sonder ‘n “G-string”? Oops . . . lekker nagte wag hier!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.