Video: Só eet mens ʼn heuningbroodjie in die ruimte

Skermgreep uit die video

Sultan Al Neyadi, ʼn ruimtevaarder van die Verenigde Arabiese Emirate, is tans op ʼn ses maande lange sending in die Internasionale Ruimtestasie. Hy het ʼn video op X (voorheen bekend as Twitter) gedeel van hoe hy ʼn broodjie met heuning daarop in die ruimte eet.

Neyadi se video het kykers verstom.

Hy vat ʼn bottel Emiratiese heuning en druk ʼn groot skeut uit wat hy met die broodjie opvang. Die heuning heg aan die broodjie en vorm ʼn bal. Hy los die broodjie waar dit sonder swaartekrag in die lug ronddryf voor hy die broodjie rondbeweeg om die heuning te “smeer”. Hy vou die broodjie in die helfte en geniet sy happie.

“Ek het nog bietjie Emiratiese heuning oor wat ek af en toe geniet,” skryf hy in die plasing. “Heuning het baie voordele, veral vir die gesondheid van ruimtevaarders.”

“Dit sal my ‘n ewigheid neem om in die ruimte te eet … ek sal net met my kos speel!” skryf een kyker in die kommentaar.

Die 42-jarige ruimtevaarder en sy vier kollegas sal op 1 September na die Aarde terugkeer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.