Andrea se pa is net voor haar troue oorlede, maar haar broer en familielede het haar nie in die steek gelaat vir haar “pa en dogter”-dans nie.
Haar broer het die liedjie “Butterfly kisses” van Bob Carlisle opgeneem en sy het saam met ʼn paar familielede op dié spesiale dag gedans.
Andrea dans eers saam met haar oupa, dan haar broer Luke, broer Nick en uiteindelik haar skoonpa Scott.
LaFrance Films het die video opgeneem en geredigeer. Die video is reeds byna 6 miljoen keer gekyk.