ʼn Ontstellende video wat aanlyn gedeel word, wys hoe ʼn groot spinnekop ʼn voël vreet. Die video is oorspronklik op Reddit gedeel en wys hoe die yslike harige spinnekop van ʼn houtbalk hang en die voëltjie in sy voorpote vashou.
Volgens die Daily Mail is die spinnekop aanvanklik verkeerdelik geïdentifiseer as ʼn Goliath-spinnekop, die grootste tipe spinnekop in die wêreld. Die spinnekop in die video is egter vermoedelik ʼn tipe tarantula.
Die beeldmateriaal laat kykers gril en meeste noem dit “skrikkerig” en “angswekkend”.
Ná dit op Reddit gedeel is, is dit vroeër vandeesmaand op die Twitter-rekening The Dark Side of Nature gedeel. Op die videoplatform Gfycat is dit meer as ʼn miljoen keer gekyk.
Jason Dunlop van die Museum of Natural History by die Leibniz-instituut vir evolusie en biodiversiteitsnavorsing in Duitsland, het aan Newsweek gesê dit wil voorkom of die spinnekop ʼn pienkpoot-tarantula (Avicularia avicularia) “of iets soortgelyk” is.
Volgens Dunlop vreet die spinnekop nie gewoonlik voëls nie, maar daar is natuurlik altyd uitsonderings. “Ek vermoed die tarantula het geëet wat hy kon. Hy vomeer verteringsappe op die prooi en suig dan die vloeibare oorskot in. Wat ook al oorbly, byvoorbeeld bene en vere, sal verwerp word,” het hy gesê.
Pinkpoot-tarantulas word in Suid-Amerika gevind. Hulle is aktiewe roofdiere wat in bome woon en klein soogdiere en rotte vreet.
An Avicularia munching on a bird. pic.twitter.com/IdjQyWMxFZ
— The Dark Side Of Nature (@Darksidevid) September 1, 2020
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
6 Kommentare
Neeeeeeee!!!!. Afskuwelik en grillerig!!
Die natuur is wonderlik!
Arme voël…..grillerig
PRAGTIGE blou kleur maar is dodelik maar hou hom liewers op afstand
Daar sal nie genoeg Doom in my huis wees nie (wat ek gewoonlik doen en doodbang vir spinnekoppe)…. sal seker die huis moet afbrand of trek!!! Ha ha ha ha