As jy lief is vir boeke, het jy definitief ook al geril as jy sien dat iemand ʼn bladsy se oor omvou om plek te hou.
Nou kan jy met dié eenvoudige origami altyd die mooiste boekmerke byderhand hou – dis boonop ʼn baie oulike vinnige geskenk vir iemand wat graag lees! Vou die boekmerk dan uit spesiale papier.
Jy kan met verskillende kleure papier ook spesifieke afdelings in byvoorbeeld ʼn handboek aandui.
Indien jy bietjie meer waaghalsig is, dan kan jy selfs die oulike hartjie-origami in die tweede video aanpak!