[Video] Woef doen sy eie inkopies

Skermgreep uit die video

Pituco, ʼn hond van Brasilië, is slim genoeg om self sy eie hondekos by die winkel te gaan “koop”.

“Almal ken Pituco,” verduidelik die veearts by Agro-troeteldierwinkel aan The Dodo. “Sy kos is op die boonste rak, so ons moet dit vir hom aangee. Hy blaf totdat ons dit vir hom aangee.”

Sodra Pituco sy sak hondekos het, stap hy terug huis toe. Die winkel teken sy inkopies aan en Pituco se eienaars kom doen later die betaling.

Pituco se eienaars stuur hom soms selfs om katkos of voëlsaad vir die gesin se ander troeteldiere te gaan koop. (Die eienaars bel natuurlik die winkel en laat weet wat hulle benodig voor hulle Pituco winkel toe stuur.)

Hy woon in Paraí en doen al ʼn hele ruk lank sy eie inkopies.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Lynni ·

Te oulik. Op een plek lig hy sy been maar die sak kos bly in sy mond.

Christine ·

Ag dis soo oulik, maar vergeet!! hier sal die hond en die kos verdwyn

Lee ·

Dis nou wraggies ‘n oulike storie. Dit het my dag gemaak! Dankie Maroela

Penellope Jones ·

Ai ounooi, dis nou ‘n lekker Maandagoggend woefstorie!

Nettie ·

Te ougat vir woorde! Kyk, daai man is vasbeslote – hy dra daai sak en doen sommer sy rondte buite ook voor hy weer aanstryk, alles sonder om daai sak kos vir tien sekondes neer te sit. Ek reken dit is dan nie ‘n 8kg sak kos nie, want so ‘n klein brakkie sal darem nie 8kg kan dra nie. Ek wonder hoe sal my Rottweiler vaar met haar 25kg sak kos (wat sy in net 2 weke opvreet)? Ek reken sy sal die sak kos vat, ‘n ent loop en dan eers 5kg daarvan vreet voor sy dit net daar los en aanloop huistoe. Nee wat, ek sal maar self daai sakke kos moet gaan haal.

zahn ·

Die ou lyk heel gelukkig, ek meen, hy werk sommer so fluit fluit..

Gogga ·

En ek kan nie eers my kinders sover kry nie…Well done, honnekind!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.