Video: Woef is slimmer as sy baas!

Skermgreep uit die video

ʼn Video van ʼn golden retriever is al meer as 4 miljoen keer gekyk omdat hy slimmer as sy eienaar blyk te wees.

Verskeie video’s is onlangs gedeel waar eienaars hul troeteldiere se geduld beproef deur ʼn lekkerny voor hulle neer te sit en hulle dan aan te sê om dit nie te eet nie. Gewoonlik wag die hond geduldig of verslind dit gulsig. Nie dié keer nie!

In dié video, wat oorspronklik op TikTok gedeel is, sit ʼn man ʼn lekkerny voor sy golden retriever neer en beveel hom om te wag terwyl hy uit die kamer stap. Die hond kyk hoe sy eienaar wegstap voor hy vinnig die happie eet.

Dan stap die hond gou na die laai waar die lekkernye gehou word, maak dit oop, en haal nog een uit. Hy plaas dit dan op dieselfde plek op die tafeltjie en onthou selfs om weer die laai toe te stoot. Dan wag hy stroopsoet vir sy baas om terug te keer, asof niks gebeur het nie.

Die video is weer op Twitter gedeel waar dit reeds meer as 4 miljoen keer gekyk is.

Sommige gebruikers beweer die hond is spesiaal opgelei vir die toertjie, maar ander meen selfs al is hy opgelei, bly dit indrukwekkend en grappig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Alta Alleman ·

Die toutjie aan die laai gee alles weg dat hy geleer is om dit te doen. Wel gedaan !

Misky ·

Ek dink ook hy is geleer om dit te doen en toutjie om laai oop te maak gee dit weg. Maar bly steeds vrek oulik en hulle is baie inteliggente honde.

Sandra ·

Ek het nou lekker gelag. Al is hy so geleer, is dit nog steeds oulik dat hy tot onthou om die laai toe te maak. Slim ou honne.

Mad Mike die Rhodesiër ·

Ja nee, party diere is baie slimmer as ons ou mense – al leer ons hulle die truuks!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.