Vrou droom sy sluk verloofring – toe doen sy regtig

Foto: Jenna Evans/Facebook

ʼn Vrou het gedroom sy het haar verloofring ingesluk, en toe sy die volgende oggend wakker word, het sy besef sy het dit regtig gedoen.

Jenna Evans (29) van San Diego in Kalifornië in die VSA het gedroom sy was op ʼn sneltrein en “boewe” het haar gejaag. Die beste manier om haar 2,4 karaat diamantring te beskerm, was om dit in te sluk.

Sy het besonderhede van die voorval op haar Facebook-blad gedeel waar die storie gou soos ʼn veldbrand begin versprei het.

“Ek het Woensdagoggend wakker geword en besef my ring is nie meer aan my hand nie. Ek het Bob Howell wakker gemaak en vir hom gesê ek het my ring ingesluk.”

NBC News berig Jenna het in die verlede ook al in haar slaap geloop. Ná hulle lekker gelag het oor die voorval, is sy hospitaal toe. “Die dokter het op ʼn X-straalplaat die ring in my maag gesien! Ek kon dit beslis voel. Dit het seerder geword en toe het ons paniekerig geword.”

Dokters het ʼn endoskopie gedoen om die ring uit haar ingewande te verwyder. Hulle het die ring vir haar verloofde gegee.

“Bobby het uiteindelik my ring teruggegee en ek het belowe om dit nie weer in te sluk nie. Ons gaan nog steeds trou en nou is alles weer reg in die wêreld!”

Volgens CNN trou die paartjie in Mei volgende jaar.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Alicia Pienaar ·

Lekker lag vir die dag :-), so deur al die slegte nuus. Dankie vir die deel Maroela!

Wielspore ·

Ek het laasnag gedroom ek skop my skoonma uit, toe ek vanoggend wakker word is my voet seer maar my skoonma was nog daar.

Skoonma ·

Wielspore – ek het ‘n goeie idee wie jy is. Ek hou jou dop !!!! :)

Van : Jou Skoonma

Honey Bee ·

Hier in S.A sal ons baie goed moet sluk as die boewe ons wil beroof.

Lee ·

Dit skep ‘n ander prentjie… Deur dik en dun (derm)!! Till death do us part!

Johan ·

Ek het so ruk terug gedroom ek eet ‘n hengse groot “marsh-mellow” lekker. Die volgende oggend was my kussing op soek.

Adri ·

Gelukkig het sy nie gedroom sy moet toilet toe gaan nie, dit sou ‘n gemors gewees het!!!LOL

Summie ·

Geniet ek nou die kommentaar van almal !! Dit is lekker om vir ‘n slag oor iets te kan spot en te kan lag daaroor, doen so voort julle ! “Diamants are a girls best friend, veral vir diè girl wat hom ingsluk het”

Cora Simpson ·

Dit is wat ons nodig het. Lekker lag!! Al julle antwoorde en boodskappe. Al die hartseer en wraak maak die dag donker en dan kom die lag!! Baie dankie

humor ·

Hier in SA sal jy vinnig plan moet maak, Hier sny hulle sommer jou vinger met ring en al af. Sorg ook dat jou selfoon klein genoeg is, en hoe gemaak met jou motor en stukkie grond???? Dis Afrika hierdie ou maat!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.