Cassandra De Pecol (27) van Connecticut in Amerika is besig met ʼn solo-ekspedisie om die eerste mens te wees wat al 196 lande in die wêreld in die kortste tyd moontlik te besoek.
De Pecol het in Julie 2015 met dié ekspedisie begin en sy het die afgelope 15 maande reeds 180 lande besoek. Sy beplan om binne die volgende ongeveer 45 dae nog 16 lande te besoek.
Sy het reeds ongeveer $198 000 (ongeveer R2,8 miljoen) spandeer, wat vliegkaartjies insluit vir 254 vlugte wêreldwyd. Haar begroting word gedeeltelik moontlik gemaak deur borge vir wie sy advertensies op haar sosialemedianetwerke doen.
Haar hotelverblyf is gratis by sekere luukse eko-hotelle wêreldwyd vir wie sy ook advertensies op haar Instagram-rekening plaas.
De Pecol sal die Guinness Wêreldrekord verbeter indien sy binne twee jaar alle soewereine state (plus 11 bykomende lande) binne twee jaar kan besoek.
Tydens haar Expedition196 reis sy as ʼn ambassadeur vir vrede namens die internasionale instituut vir vrede deur toerisme.
Volg die res van haar reis op haar webwerf, besoek Expedition196, volg haar op Facebook of Instagram.
Wat n super cool werk ek droom net daarvan baie mooi vrou geniet die res van jou ekspedisie!!!!! Vrede dit is wat ek ook na hunker hier in ons pragtige land!!!!