Woef ruïneer romantiese jawoord-video

Skermgreep uit die video

ʼn Huweliksaanbod is een van die onvergeetlike oomblikke in mens se lewe. Selfs vir toeskouers kan só romantiese oomblik mens soms hoendervleis gee of jou ʼn traan of twee laat pink.

Die romantiese oomblik kan egter ook onvergeetlik wees weens onvoorsiene omstandighede. ʼn Video van só geval laat kykers tans lekker lag.

Die video, van 36 sekondes, wys hoe ʼn man sy meisie om haar hand vra wanneer ʼn hond instap om homself te verlig. Die video is deur ViralHog gedeel en is reeds meer as 27 000 keer gekyk.

Die voorval het op 2 Oktober by Fort McMurray in Albert, Kanada, plaasgevind. “Die video is van my verloofde wat my die jawoord vra. Ons het later gesien een van my honde, Tucker, het op daardie oomblik besluit om homself te verlig.”

Die video begin met die man se toespraak waar hy sê hy is bly om sy familie en vriende saam met hulle te hê. Die oomblik wat hy sê: “Ek wil dié een bietjie meer onvergeetlik maak” en die boksie met die ring optel, verskyn die hond op die toneel.

Dit blyk dat die paartjie in die video nie bewus is van die hond nie, maar die omstanders lag lekker vir die toeval.

Een gebruiker het in die kommentaar onderaan die video gesê: “Dis perfekte tydsberekening!” “ʼn Hond moet doen wat ʼn hond moet doen!” het ʼn ander geskerts.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

VaalDonkie ·

Niks is ook deesdae meer privaat nie. ALLES moet op video wees.

Sandra ·

Die hond het seker gedink, dis wat ek van die hele storie dink. Vat so

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.