Belinda Campher
Waardes vir woelwaters is geskryf vir vandag!
Dit is geen nuwe nuus om te sê dat die gesin die kern-bousteen van ‘n gemeenskap en beskawing is nie. Ons kan maar die oorsaak van morele verval en agteruitgang in ‘n land gaan soek by die stand van die gesinslewe in die land. Volgens statistiek word slegs 35% van Suid-Afrika se kinders by beide biologiese ouers groot. Die Dameskring het hierdie leemte raakgesien. Ons kinders is die toekoms van ons land en daarom is ons oortuig daarvan dat dit die regte plek is om te begin. Die Dameskring wil dit erns maak om ons kinders weer toe te rus met ‘n sterk karakter. Die belangrikste persone in die voorskoolse kind en ook die kind in die grondslagfase se lewe is sy ouers, grootouers en juffrou. Wanneer kinders kernwaardes in hierdie verhoudings beleef, maak hulle dit hul eie en word dit deel van hul karakter.
Koop hierdie handleiding in Maroela se Koöperasie.
Hierdie handleiding kan ook bestel word by Belinda Campher by 083 421 0217 of [email protected]
Prys: R180.00