deur Bettie Naudé
In hierdie omnibus, wat die eerste van drie boeke van die gewilde Saartjie-reeks bevat, ontmoet ons vir Saartjie Baumann, die langbeenmeisie met die wipneus, kuiltjies in die wange en duisende duiweltjies in haar oë. Hierdie rabbedoe en haar twee maats staan bekend as die Drie Muskiete en al wat hulle lewe versuur, is seuns en ʼn klein niksnuts genaamd Muggie. In Saartjie se vakansie tref ʼn orkaan ʼn Johannesburgse woonbuurt en Saartjie kom af op ʼn tweeling wie se ouers albei in die hospitaal is. In Saartjie se geheim laat Saartjie se ondeundheid haar soos gewoonlik weer in die moeilikheid beland. Galpil-hulle is net mooi gereed om vrugte vas te lê wanneer ʼn vreesaanjaende spook sy verskyning maak. Saartjie het ʼn sjarme wat tot oud en jonk en nuwe lesers sal dadelik deur Saartjie en die Drie Muskiete se avonture meegevoer word.
Oor die outeur:
Bettie Naudé (die skrywersnaam van Topsy Smith) se karakter Saartjie is al jare lank gewild onder jong Afrikaanse lesers. Smith is een van die suksesvolste jeugboekskrywers in Afrikaans. Sy Trompie- en Saartjie-reekse het ʼn belangrike bydrae tot die Afrikaanse letterkunde gelewer en dit het jongmense baie jare lank lus en lief vir lees gemaak.
Uitgewer: Human & Rousseau
Prys: R99-95*
*Prys onderhewig aan verandering