Rice, wat Donderdag 66 jaar oud geword het, was vroeër vanjaar in Indië waar hy behandeling vir breinkanker ontvang het. Rice het ʼn gewas op sy brein gehad.
Rice het vroeër vanjaar ná sy behandeling in Indië aan Carte Blanche gesê hy het verlede jaar gholf gespeel toe dit skielik gevoel het of hy ʼn spier in sy been geskeur het. Dit het egter later aan die lig gekom dat Rice ʼn seldsame vorm van weefselkanker gehad het. Hy het later operasies aan sy been ondergaan, maar die kanker het eers na sy longe versprei en later na sy brein.
Rice het die Proteas-groep aangevoer in hul geskiedkundige toer na Indië in 1991. Hy is destyds as een van die veelsydigste krieketspelers gereken.
Die voormalige Proteas-speler Pat Symcox het sy skok oor Rice se afsterwe op Twitter uitgespreek: “Platgeslaan. ʼn Goeie vriend en ʼn wonderlike man. Clive Rice is oorlede. Die wêreld is ’n armer plek.”
Baie hartseer. Sterkte aan sy familie in hierdie moeilike tyd.
Wat n tragiese dag vir wereld krieket. Seker een van die beste krieket kapteins wat krieket nog opgelewer het.
Baie hartseer nuus. Sterkte aan sy familie. Wat n reuse legende!!!
‘n Legende – uitstekende speler en ‘n stoutgat – wie onthou nog sy kaalbas foto met ‘n krieketkolf reg voor die “family jewels”? Rus in vrede, weg van alle pyn. Sterkte vir sy familie.