Sers. Majola Nkohli, woordvoerder van die polisie, het gesê ao. Ashton Mew het omstreeks 09:30 probeer om met sy amptelike polisievoertuig ʼn brug oor die Kruisrivier oor te steek. “Weens die swaar reën wat die afgelope paar dae in die gebied geval het, het die water oor die brug gespoel,” het Nkohli gesê.
Die vinnig bewegende water het die Corsa-bakkie van die brug af in die rivier gespoel. Thulani Njoli (29), ʼn plaaswerker van die omgewing, het in daardie stadium verbygestap op pad werk toe en gesien hoe die voertuig in die rivier beland.
“Hy het in die water gespring, die bakkie se deur oopgemaak en ao. Mew uitgetrek,” het Nkohli gesê. “Nadat hy hom tot by die wal gehelp het, het hy teruggegaan om Mew se besittings uit die bakkie te haal. Teen hierdie tyd was die bakkie al heeltemal onder water en het net die dak uitgesteek, maar Njoli het ingeduik en Mew se vuurwapen en besittings uit die voertuig gehaal.”Volgens Nkohli het ʼn plaaslike boer sy masjiengraaf gebring om die voertuig uit die rivier te haal. “Die polisiebeampte het nie seergekry nie, maar sal van vandag af berading ontvang,” het Nkohli gesê.
Hy het gesê Njoli was baie dapper om die polisiebeampte te gered het.
Sal van vandag af berading ontvang???? Waarvoor?? Hy het mos niks oorgekom nie
Thulani – jy is ‘n HELD! Baie mooi om basies jou lewe te gewaag het om ‘n ander te red! Jy verdien alle eer wat na jou toe kom.
Ek stem saam! Wel gedaan, Thulani.
Ek dink hy het van die brug afgery, ek dink nie die water kon die voertuig sydelings afstoot nie.
Dankie Thulani vir jou vinnige optrede. Jy is baie dapper en ‘n held omdat jy jou lewe gewaag het om ‘n ander te help
wat doen sy wapen in die voertuig en nie in sy holster nie?
Voorwaar goeie nuus vir ‘n slag! @ Riette, kom laat ons jou in jou kar gou afspoel van ‘n brug in ‘n rivier wat afkom en dan voel jy maar daarna of jy berading nodig het of nie… @ Ben, dit gebeur nogal, ‘n rivier wat afkom se geweld is ongeskryflik.
WEEREENS vra ek …. hoe word hulle opgelei ?????????????????? dis uitsters swak….. die ‘n plaaswerker die SAP moet red uit water >>> pfft
Debs, wees bly!! Dis ‘n bewys dat daar wel nog mense in ons land is wat vir mekaar omgee!!!
As ek in die knyp is soos die polisie man kan dit maar ook ‘n boemelaar wees wat my te hulp snel ek sal maar net te dankbaar wees daar is hulp naby. Ek hoop die polisie man besef dat Thulani ‘n helde daad verrig het. Hoeveel van ons sal doen wat die doodgewone plaaswerker gedoen het ?
dankie Thulani jy is n held
Dankie Thulani. Jy is ‘n bewys daarvan dat naasteliefde nog in ons land bestaan!! Ek hoop ek kan eendag met jou bladskud!!!
Jaaaaa maroela. Sekere mense se komentaar kan geplaas word. Ek sien jy like dit indien dit van ander mense as “goed” verwys word.
Dagsê Fiki
Dankie vir jou kommentaar. Maroela Media probeer streng by sy bepalings en voorwaardes hou waarvolgens rassistiese kommentaar nie geduld sal word nie. Klik gerus op die “rapporteer”-knoppie indien daar ‘n spesifieke kommentaar is wat ons dalk oorgeslaan het, of stuur gerus ‘n e-pos na [email protected] om ons aandag daarop te vestig.
Baie dankie!
Groetnis
Suné
nms Maroela Media