Dit kom slegs ʼn dag nadat ʼn vierjarige meisie aan ʼn boom opgehang is nadat sy verkrag is in Verulam, KwaZulu-Natal. Sy is lewend gevind.
Kol. Sabata Mokgwabone, Noordwes-polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media gesê die sewejarige het Sondagoggend uit haar huis vermis geraak. “Omstreeks 11:00 die oggend was inwoners van die gebied besig om na haar te soek, toe hulle gesien het hoe David Mahlangu (27) uit die bosse gestap kom. Van die gemeenskapslede het Mahlangu vasgekeer terwyl ander in die rigting geloop het waar hy vandaan gekom het,” het Mokgwabone gesê.
Hy het gesê die meisie se liggaam is aangetref waar dit aan ʼn boom gehang het. Dit was glo duidelik dat sy verkrag is voordat sy vermoor is. Dit wil voorkom asof die verdagte en die beskuldigde mekaar nie geken het nie, het hy gesê.
Mahlangu het Maandag in die Madikwe-landdroshof verskyn op aanklagte van verkragting en moord. Die saak is tot 14 September uitgestel vir verdere ondersoek en Mahlangu sal in polisie-aanhouding bly tot dan. Mokgwabone het nie geweet van die soortgelyke geval in Verulam nie, maar het gesê hy twyfel sterk of die twee sake met mekaar verband hou.
Intussen het ʼn polisiewoordvoerder van KwaZulu-Natal gesê niemand is nog in hegtenis geneem vir die voorval in Verulam nie. ʼn Saak van verkragting en poging tot moord word ondersoek.
Ek het nie woorde nie…wat gaan aan in ons land?
Wat aangaan is dat ons n swart regering het.