Siamese tweeling in Brits-hospitaal gebore

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Siamese tweeling wat in die Brits-distrikshospitaal in Noordwes gebore is, is in ʼn stabiele toestand.

“Die kliniese span by die Dr. George Makhuri-hospitaal sal Dinsdag bymekaarkom. Volgens die voorlopige prognose deel die tweeling ʼn lewer. Daar word verder ondersoek ingestel om te kyk watter organe hulle dalk nog deel,” het Tshepo Mokono, woordvoerder van die hospitaal, gesê.

Die tweeling, wat op 29 September gebore is, is aan die buik geheg. Die tweeling is ná hul geboorte na die Dr. George Makhuri-hospitaal in Ga-Rankuwa, noord van Pretoria, oorgeplaas vir spesialissorg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Vyf sent ·

“spesialliseer” sorg – ag wat ‘n grap! As hulle dalk gesê het Unitas, Little Company, Zuid-Afrikaans sou dit dalk sin gemaak het, maar ek meen hospitaal in Garankuwa – snaaks dit isnie Steve Biko nie. Arme kindertjies!

Poppie ·

Seker maar net belangstelling? Lank laas gehoor van wit siamese tweelinge in SA. Meer algemeen onder die swart bevolking.

Eish! ·

Ek sou ook graag wou weet. En niks met diskriminasie te make nie. Was die eerste gedagte in my kop, wit, swart, geel, bruin ens? Net omdat dit meer onder Indiers voorkom. Dit sou interessant wees om te weet. Dit is ‘n rare verskynsel.

Eish ·

Poppie ek stem saam. Weet onlangs is ‘n Siamese tweeling in Bethlehem gebore, maar weet ook nie watter ras nie en weet die baba’s is Kaapstad toe. Niks weer verder gehoor nie.

Tarina ·

Solank die kindertjies hulp kry – maak nie saak waar nie? Ek glo nie enige van ons sal graag n Siamese 2 ling wou he nie – Alle voorspoed aan mamma en pappa

Zena ·

Vyfsent, weet jy hoe goed is die Dr’s by George Mukhari hospital. om die waarheid te se, dis meestal profesore wat daar werk. en ja, sterkte aan die ouers.

Tilla ·

Vyfsent….hul sou nie die kinders na n staatshospitaal stuur sou hul n mediese fonds gehad het nie. Ten minste word daar na die babatjies gekyk. En daar is niks fout met die hospitaal in Garankuwa nie. Soos Zena se meeste daar is professore en is gefokus op navorsing. Garankuwa is ook n opleidingshospitaal vir dokters. Nee wat ek dink die babatjies is in goeie hande.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.