Baba sterk aan ná slangpik

Die slang wat die seuntjie gepik het. Foto: Verskaf

Die slang wat die seuntjie gepik het. Foto: Verskaf

ʼn 10 maande oue baba wat vroeër vandeesmaand deur ʼn Mosambiekse spoegkobra gepik is, sterk goed aan, het Beeld Saterdag berig.

“Hy is steeds in die hospitaal omdat die wond behandel moet word, maar dit gaan baie goed met hom,” het Berdine Venter, ʼn maatskaplike werker, aan die koerant gesê.

Venter gesê die baba reageer en herken mense en is reeds uit intensiewe sorg na ʼn gewone saal oorgeplaas.

Die baba is ʼn pleegkind en woon saam met ʼn egpaar in Rustenburg, Noordwes. Hy is op 17 Desember in sy bababedjie gepik. Die slang het vermoedelik deur die grasdak in die huis beland. Die baba was vier maande oud toe hy van sy biologiese ouers se sorg verwyder is.

Lees alle vorige berigte oor die spoegkobra op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.