Malema beveel volgelinge om grond te beset

Julius Malema. Foto: Werner Beukes / SAPA

Julius Malema. Foto: Werner Beukes / SAPA

Julius Malema, leier van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF), het sy ondersteuners beveel om grond te beset, het die Sunday Times berig.

“Grondgrype is wanneer iemand met geweld ander van besette grond verwyder. Maar dit is nie wat ons sê nie,” het Malema gesê.

“Ons sê daar is te veel verlate grond in Suid-Afrika en dat van dit aan buitelanders behoort en van dit aan die regering. Ons sê aan ons mense dit is tyd om die onbesette grond te beset.”

Volgens Malema moet mense nie ongeduldig raak wanneer die polisie hulle strukture vernietig nie. “Hulle moet nooit ongeduldig raak nie. Hulle moet voorgaan om te bou tot die polisie moeg raak.”

“Hulle sal bly. Met hulle deursettingsvermoë om die grond te beset, sal niemand hulle kan verslaan nie. Nie eers die staat sal hulle kan verslaan nie. Nie eers die polisie sal die mense verslaan nie. Die mense se eenheid sal verseker dat hulle bo enige moeilikheid uitstyg,” het Malema gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Drieks ·

Julius, gaan hou kersfees en los tog die politiek tot Maart. Zumpie het nie ‘n polisie mag nie, so gaan rus nou.

Viv ·

Ek dink ons moet jou dagvaar en soveel sake teen jou bring dat jou milhoene opdroog en so sal jy maar net verdwyn, Intelektueel kyk jy geensins na wat die land nodig het maar net na jou eie sak en belang so jou idees is skrikwekkend en die wat agter jou staan word deur n dwaas die afgrond in bestuur

Fourie ·

Viv ek stem saam met jou Malem is n laaitie en n opstoker! Van n rassis wil ek nie eers praat nie! Die landjie word nou teen n tempo afgebreek Sy bek moet stil gemaak word!

pop ·

Julius, dink n bietjie voor jy jou mense aanse om dinge te doen !!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.