Hoender- en eiertekorte kom dalk oor ‘ergste voëlgriep’ nóg

(Foto: Maroela Media)

Suid-Afrikaanse pluimveeboere waarsku teen moontlike hoender- en eiertekorte te midde van die ergste voëlgriep-uitbreking wat die land nóg getref het.

Quantum Foods het Vrydag gesê hy moes vanjaar al byna twee miljoen hoenders, ter waarde van meer as R100 miljoen rand, van kant maak.

“Die voëlgriep-uitbreking is die ergste wat Suid-Afrika nog gesien het,” het Astral Foods vroeër gesê. Volgens die maatskappy is daar reeds ʼn tekort aan die tafeleier-voorraad en word daar verwag dat hoendervleis ook skaars en duur kan word in die komende maande.

Die uitbreking het hom tot dusver R220 miljoen rand gekos, het Astral gesê.

Die eerste voëlgriepgevalle is in April aangemeld en die Suid-Afrikaanse Pluimveevereniging (SAPA) het vroeër vandeesmaand gesê die land sukkel met twee verskillende stamme van die virus, die berugte H5N1 en ʼn nuwe stam wat as H7N6 geïdentifiseer is.

Laasgenoemde het volgens Astral Gauteng “teen ʼn kommerwekkende tempo” deur Mpumalanga en Gauteng versprei.

Die aantal voëlgriepgevalle in Suid-Afrika vanjaar is volgens SAPA meer as in enige ander jaar sedert die eerste uitbrekings op kommersiële plase in 2017 aangemeld is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

annie ·

R200,00 vir ‘n kuiken? R100 vir ses eiers? Hoop hulle ons gaan val vir die grap? Kersfees kom ook.

Sobymykoolkop ·

Lees die berig wat MM media geplaas het daaroor. Die ergste voëlgriep ooit . Gaan google waar kom dit vandaan.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.