JMPD-beampte doodgeskiet ná sy glo op polisie skiet

(Argieffoto)

ʼn Beampte van die Johannesburgse metropolisie (JMPD) is deur polisielede doodgeskiet nadat sy glo op hulle losgebrand het toe hulle haar seun in hegtenis wou neem.

Die onafhanklike polisieondersoekdirektoraat (Opod) het bevestig dat hy Saterdagaand se skietvoorval in Dobsonville, Soweto, ondersoek.

Daar word beweer dat polisiebeamptes op patrollie ʼn motoris roekeloos sien bestuur het en hom versoek het om van die pad af te trek.

Die bestuurder het glo geweier om stil te hou en die polisie het sy motor agternagesit tot by ʼn huis in Monaisastraat in Dobsonville waar hy stilgehou het.

“Die polisiebeamptes het na bewering die bestuurder genader, en hom gevra hoekom hy roekeloos bestuur en geweier het om stil te hou toe hulle hom versoek het,” het Phaladi Shuping, Opod-woordvoerder, gesê.

Die beamptes het glo begin om die motoris vir roekelose en nalatige bestuur in hegtenis te neem toe sy ma, ʼn JMPD-beampte, uit die huis gekom en met die polisiebeamptes begin stry het.

“Sy het glo vir hulle gesê dat sy haar vuurwapen gaan kry en toe sy weer uit die huis kom, het sy glo op die polisiebeamptes losgebrand.”

Die polisiebeamptes het teruggeskiet en die JMPD-beampte is noodlottig gewond.

Die voorval is by Opod aangemeld en word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Aai ·

Live by the gun die by the gun.Bly die wet gehoorsame polisie is veilig.

Nie Verbaas ·

Nou toe nou. Mens sal dit “nooit verwag het” van haar nie. Wat n sirkus.

Shakespeare ·

Is daar 100 bevoegde beskaafde mense in die ANC of 10 of 1. Niks sou ek sê.

domheks ·

Boetie kan mos NOOIT verkeerd gewees het nie! Haar amp was te hoog dat boetie kan stout wees.

Republikein in die Wes Kaap ·

Hierdie voorval klink verdag. Het die polisie in gemerkte voertuie met blou ligte en sirenes gery of het hulle soos kapers opgetree. Dis onwaarskynlik dat ‘n metro lid sommer so op haar eie op SAPD lede sal skiet. Die SAPD se nuwe beleid verander SA in ‘n polisiestaat. Die aanranding deur die VIP eenheid op die N1 is nog vars in die geheue.

Casper ·

Republikein in die Wes Kaap jy het ‘n goeie stelling gemaak.Was hulle in uniform en het hulle in ‘n gemerkte voertuig gery,maar ek glo dat as dit nie polisielede was nie sou hulle gevlug het toe sy gesê het sy gaan haar vuurwapen haal. Wie het werklik eerste geskiet sy of die lede.Het haar seun eerder na veiligheid gevlug I p v stil te hou.Die ondersoek sal bepaal wie reg of verkeerd was.

Republikein in die Wes Kaap ·

Casper, kriminele met vuurwapens hardloop nie sommer weg nie. Dan is daar nog kriminele wat hulle voordoen as polisie. Die publiek is tussen twee vure. Vergeet van identifikasie vra, legitieme polisielede sorteer jou vinnig uit. Wat het geword van die VIP lede? In die hof verskyn en nou weer terug by die werk. Ooggetuies van wandade bly liewer stil.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.