Brian Boswell van die Boswell Circus het ʼn siviele saak teen die Nasionale Dierebeskermingsvereniging (NDBV) teruggetrek. Die sirkus het ʼn verlies aan inkomste van die organisasie geëis.
Meg Wilson, woordvoerder van die nasionale raad van die NDBV, het gesê Boswell het in 2016 die saak gebring en gesê die sirkus het ʼn verlies aan inkomste gely weens uitsprake deur die organisasie oor die sirkus se gebruik van wilde diere in vertonings. Boswell het die organisasie vir R16 349 805,36 plus rente gedagvaar.
“Boswell het nou, drie jaar later, die saak teruggetrek en het die NDBV se regskostes betaal,” het Wilson gesê.
“Die NDBV is gekant teen die gebruik van wilde diere in sirkusse en reisende dieretuine en het sy teenkanting duidelik gemaak oor die onnatuurlike toestande waarin die wilde diere leef. Buiten die onnatuurlike gevangenskap en langafstand reise, word die diere opgelei en gedwing om toertjies uit te voer.”
Ná die kansellasie van sommige vertonings en swak bywoning in sekere dorpe, het Boswell met regstappe teen die NDBV begin. Hy het die organisasie daarvan beskuldig dat hulle verantwoordelik is vir die kansellasies en swak bywoning, en gevolglik ʼn verlies aan inkomste vir die sirkus. “Die NDBV het die saak verdedig met regsdokumente en het ook finansiële dokumente en verdere inligting van mnr. Boswell geëis. Hy moes bewys kon lewer aan die verlies aan inkomste. Hy het die saak teruggetrek en sal die NDBV se regskoste betaal.”
Wilson het gesê dit is nie net ʼn oorwinning vir die NDBV nie, maar ook vir die diere.
Hmm, ja-nee. R16M? Dan beweer die sirkus seker nog hulle gee vir diere om? Mooi so, NDBV.
Wie het nou n sirkus nodig? Ons bly dan in een! Die beste sirkus ooit!!
Net jammer ons sirkus het nie ‘n tent nie, maar verduiwels baie “clowns”.
Hulle gee tot vertonings gratis. Kyk in parlement as die klomp in rooi hulle toerkies doen.
Pleks die DBV hulle toespits op dit waarvoor hulle daar is. Ek , vir een , ondersteun hulle glad nie meer nie.
Ons lag glad nie meer oor diere wat gedwing word om toertjies uit te oefen nie. Diere behoort hul eie vryheid te geniet en hoort in hul eie omgewing. Als gaan oor geldmaak.
Soos hulle sê…..ons land het genoeg narre wat ons besig hou……..
LOL!! Hoe lekker lag ek nou Willehond. Uitstekend gestel!!
Ja nee DBV. Maak alle Sirkusse toe! Hou so aan!!
Wel gedaan. Diere se regte moet beskerm word.
Wow ek is bly dat NDBV gewen het en ook so bly vir di arme Diere wat in di haaglike omstandighede moet lewe en arme Leeus en Tiere ens nooit eers gras onder hul voete gevoel het ni, het gekyk na di Sirkus Leeus wat Bonfree vanaf oorsee gebring het en na 16 jaar vir di 1 ste keer op gras geloop het hulle was maar so verskrik