Nuuskommentaar: Rassistiese betogings by Parys-boere verhoor ou probleem

Foto: Mariné Jacobs

Foto: Mariné Jacobs

Opruiende betogings waar mense verklaarde haatspraakliedjies by howe sing, soos nou weer in Parys gebeur het, is uiters gevaarlik in ʼn land waar dit pas weer gedemonstreer is hoe diep rassepolarisasie in die land steeds lê.

Die betogings en emosionele uitsprake buite die landdroshof in Parys, waar vier boere om borgtog aansoek gedoen het, is die jongste manifestasie van ʼn ou probleem met rassistiese ondertone. Die boere word daarvan aangekla dat hulle twee vermeende plaasaanvallers vermoor het.

Laat ek dit dadelik sê – ek gaan nie in hierdie rubriek ʼn mening uitgespreek oor die skuld van die vier nie, aangesien die saak sub judice is en die landdros wat die borgtog toegestaan het, toegegee het daar is geen getuienis voor die hof wat die vier met die twee aanvallers / plaaswerkers (afhangende van wie geglo word) se dood verbind nie. Die polisie het ook onder die landdros se tong deurgeloop weens swak ondersoekwerk. AfriForum sou ook nie aangebied het om die vier met hul regskoste te help, as daar nie ʼn ander kant aan die verhaal is nie.

Ek gaan dus geen poging aanwend om die optrede wat tot die twee se dood gelei het, te regverdig of goed te praat nie.

Dit handel hier oor hoe misdaad, waar die slagoffer(s) en oortreders van verskillende rasse is, rassespanning kan laat toeneem. Dit word goed in Volksblad se hoofartikel van 6 September 2000, Sasolburg-uitbarsting, verwoord: “Die gewelddadige betoging buite die hof in Sasolburg, waar mnr. Pieter Odendaal, ʼn sakeman, daarvan aangekla word dat hy ʼn werknemer 6 km op ʼn teerpad agter ʼn bakkie gesleep het, moet net so sterk as sy beweerde barbaarse daad veroordeel word. Politieke leiers behoort dié openbare uitbarsting te veroordeel, omdat dit witmense stereotipeer asof almal soos die vermeende moordenaar optree. Vandaar krete soos `kill the boer’… Die gevoel in die wit gemeenskap is net so sterk oor plaasaanvalle soos die gevoel in die swart gemeenskappe oor ʼn beweerde rassistiese moord. Dit is in landsbelang dat alle groepe verantwoordelik genoeg is om te besef dat openbare uitbarstings en wilde dreigemente teen bepaalde bevolkingsgroepe tot rassekonflik kan lei.”

Hierteenoor was daar betreklik min mediadekking en nog minder luidrugtige betogings, na die dood van twee boere wat ook agter hul bakkies aangesleep is. In 2010 is ʼn jong boer van Potchefstroom dood nadat hy by sy plaashek oorval en agter sy bakkie aangesleep is. ʼn Jaar later is André (Brood) van der Merwe van Ottosdal dood nadat hy ook met sy bakkie gesleep is. Beide is in die proses erg vermink.

In 2008 berig Volksblad dat die sogenaamde “leeukampmoordenaar”, Mark Scott-Crossley, na sowat drie jaar uit die tronk vrygelaat gaan word nadat sy appèl teen sy skuldigbevinding aan moord geslaag het. Hy is lewenslank tronk toe gestuur in die hooggeregshof. Die appèlhof het op sterkte van die patoloog se bevindings bevind die oorledene was reeds dood toe Scott-Crossley op die plaas aangekom het en het die plaaswerkers gehelp om die liggaam vir die leeus te voer. Die hooggeregshof het geweier om verlof tot appèl aan hom toe te staan. Die verhoor in die hooggeregshof was deurgaans gekenmerk deur betogings van swart mense wat Scott-Crossley aan die pen wou laat ry.

In die aanloop tot die verhoor van die Reitz-vier, het ʼn uitstel-landdros ʼn beroep op politici en die media gedoen om nie die uitspraak vooruit te loop nie. Die daaropvolgende Sondag het ʼn Afrikaanse koerant ʼn brief gepubliseer waarin die vier misdadigers se name genoem is. Uiteindelik het die verhoor-landdros, die hooflandddros, die vier ook vir iets gevonnis waarvan hulle nie aangekla was nie. Die landdros was toevallig swart. Dié vonnis is in die hooggeregshof onder appèl tersyde gestel en die ander vonnisse is versag. Hulle is in wese gevonnis asof hulle aan dolus directus skuldig bevind is, eerder as dolus eventualis wat wel die geval was.

By die Parys-verhoor het die swart betogers, na berig word, “Kill the boer, kill the farmer,” gesing, ʼn “lied” wat reeds in 2003 deur die Menseregtekommissie (en eers op appèl) tot haatspraak verklaar is. Dit is voor die polisie gesing, wat nie opgetree het nie.

In die 2015-verslag van die Amerikaanse sensusburo is bevind kulturele verdeeldheid en politieke polarisasie neem toe in die VSA. Die bekende kommentator, Michael Barone, stel dit soos volg: “But the tendency is continuing for Americans and immigrants to seek out others of their own kind and for people of differing cultural values and political views to choose to live in different states and communities. All of which suggests that today’s political polarization is not going away any time soon.”

Dit toon aan dat die huidige rassespanning nie net aan apartheid gekoppel kan word nie, maar ook ander dinamika’s wat in gemeenskappe ontwikkel.

Dit is moeilik om die bewoording van die Volksblad-hoofartikel van 2000 te verbeter.

Die konsep dat misdaad oor rassegrense heen die potensiaal het om rassespanning te laat toeneem, is nie nuut nie. In die ou Suid-Afrika het misdaad van dié aard as verswarende omstandighede gegeld. Die probleem eindig egter nie by die misdadiger en slagoffer van verskillende rasse nie, maar as daar ondersteunende en opswepende betogings plaasvind wat baie sterk deur rassesolidariteit gemotiveer word en eintlik boendoe-geregtigheid opeis, kring dit uit.

Om op ʼn beskaafde manier wat by die regspraak pas solidariteit tydens ʼn hofsaak te toon, is een ding. Om die uitrol van lemmetjiesdraad en polisiekordonne waar allerlei voorwerpe geslinger word te noodsaak, skep die indruk van ʼn poging om die hof tot boendoe-geregtigheid te dwing.

Gedurende die afgelope net meer as ʼn week het ons gesien hoe rou rassegevoelens nog in die land lê. Koerante plaas steeds die een rubriek na die ander wat die Penny Sparrow-geval in besonder en die probleem van rassisme in die algemeen onder die loep neem.

Kort voor die konstitusionele hof die appèlsaak van die DKD versus Solidariteit namens ʼn aantal, veral bruin DKD-lede sou aanhoor, het die Solidariteit-groep saam gaan bid. So anders as groot getalle ondersteuners van die bruin lede wat hul solidariteit kon kom toon het deur beledigende woorde teenoor swart mense te uiter.

Elke individu het ʼn groot verantwoordelikheid oor hoe hy teenoor ʼn ander ras optree of wat hy sê, want ʼn kwetsende woord of daad oor die kleurgrens heen kan ander se lewens in gevaar stel.

Die huidige regering kan nie, hetsy deur versuim, of deur onverantwoordelike uitsprake, hom van die toename in rassespanning losmaak en dit (nog steeds) alles voor die deur van apartheid lê nie. En ongelukkig stel die president nou ʼn swak voorbeeld soos met sy “grond steel” stelling.

Saam met stereotipes is daar ongelukkig altyd vrot appels wat juis die stereotipering sal voed.

Baie derms kan uitgeryg word oor wie nou “eerste begin” het om beledigend, uittartend of vernederend teenoor ʼn ander rassegroep op te tree. Om egter vas te haak by die nalatenskap van apartheid en ander dan minder aanspreeklik te wil maak, soos uit talle rubrieke en selfs hoofartikels blyk, verskans bloot die probleem. Sedert die huidige herrie begin het, en lank daarvoor ook, het Maroela konsekwent vir ewehandigheid en regverdigheid gevra. Dis immers wat die skaal op die logo van ons regspraak simboliseer en dit is kenmerkend van ʼn volwasse land.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Henk ·

Die regering en polisie moet die skuld kry vir die rassisme wat kop uitsteek dit is in meeste gevalle mense wat net moedeloos is met die onbeholpenheid van die staat….niks werk glad en effektief nie en dan help die korrupsie ook nie veel om gemoedere te kalmeer nie.

Piet Pompies ·

Die regering bevorder nie en ek beklemtoon glad nie rasseverhoudings, toekomsbesluite vir die land word op ras en sogenaamde tekorte van meer as 20 jaar terug gegrond.
Geen land, mens of instansie kan vorentoe beweeg as hy hierdie metode gebruik om sy land te bestuur. Dit is lank al tyd vir dinamiese leiers wat die goeie eienskappe in sy burgers raaksien en die eienskappe gebruik om Suid Afrika uit hierdie groef van verwyte te lig. Ek hoop nan harte dit gebeur nog in my leeftyd.

Ben ·

Die verskil in SA is dat daar al n blanke volksmoord aangaan vir 21 jaar en veral mbt. Die Boere! GROOT verskil tussen ” kill the Boer” sing en Die Stem sing. Nog n groter verskil tussen die sing van n ding en die daad by die woord voeg! Nog n bydraende faktor, blankes weet die kommunistiese regerende party vir wie hul nie stem nie ondersteun die “kill” lied en sing dit self. Blankes betaal 90% van die belasting wat uitgemors word en waarmee polisie se salarisse betaal word wanneer daar bevooroordeeld teenoor hul opgetree word in meeste sake wat voortspruit uit kriminele neigings wat NIE eie is aan blankes nie maar wat so voorgehou word deur die regering en ander swartes. Selfs Jan van Riebeeck word as krimineel voorgehou.

Takkie Takuuza ·

Dit bestaan regoor die wêreld en sal nooit verdwyn nie. Ek dink almal het dit maar in hulle. Mense moet hulleself maar inhou, maar sodra een groep bo ‘n ander bevoordeel word gaan dit oorloop.

helizna ·

Maroela, baie dankie dat julle nog kommentaar toelaat op julle nuusbrokkies.

rina ·

hoe gouer die staat besef dat rasse nie meer kan saamleef in die land nie agv hulle eie aanhutsing hoe beter, ‘n eie staat vir ons mense is die antwoord waar ons vir onsself kan besluit wat goed is vir ons.

Chris W ·

Kom wat wil: ‘n Kruitvat is net dit – en al kyk mens hoe na hom hy sal nie in ‘n wynvat verander nie.

Fanie ·

Kyk maar net na die oeroue geskiedenis van ons volk se oorlewings stryd en jy sal weet presies wie het eerste begin met rassehaat en die uitvoering daarvan. Maar mense hou moed. Wat is daardie siekte wat hulle het wat hulle getalle so laat afneem?? Oor ‘n paar jaar is die meeste van hulle wat oorbly, net oumense!!

Liewe lulu ·

Kan ons nie n petisie opstel en onderteken vir eie staat. Hopelik die mooi ou kaap waar daar darem reeds n hawe en lughawe is. Droom ek seker maar net

Henk ·

Herman, baie dankie vir ‘n goed deurdagte, baie ewewigtige stuk joernalistiek, dit is lankal nodig. My mening is egter dat vir so lank as wat die regerende party rassisme egter benodig en gebruik as ‘n manier om die massas saam te snoer om sodoende in die stoel te bly, vir so lank sal rassisme bly voortleef in hierdie pragtige landjie van ons en vir so lank sal almal die verloorders bly Speel die media ‘n rol hierin? Wel, kom ons gebruik ANN7 se een nuusberig as voorbeeld, (met verwysing na die Parys voorval), waar dit in groot, vet letters op die skerm uitbasuin word as die waarheid : “White mob lynches two ‘thieves’ “

Anna-Marie Evans ·

Henk ek stem met jou 100% saam dat ANN7 se nuusberig gisteraand rassisme ‘n nuwe hupstoot gegee het. Dut was walglik eensydig.

humor ·

Nee wat Fanie jou hoop is n false hoop. Die medisie
kan by hulle gaan leer hoe klop n mens daardie siekte.

Rynhardt ·

Die EFF het net gegaan na hof om moeilikheid temaak en rassistiese uitlatings te maak teen witboere.Ek glo ook daar was agente tussen hulle om dit aan die gang te sit! Gistraand het SABC gewys hoe mans met vierkleurvlae die polisie stamp en die polisie hul met skilde net terugstoot! Ek wil dit duidelik maak, los jou vierkleurvlag by die huis.Daai unieke vlag kan net wapper wanneee ons blankes vry is.Tans gee daardie mense die vlag n swak naam.Los ook die polisie uit, hul is nie jou vriend nie.Van die swart polisielede was nie ingenome nie.As jy wil betoog, gee jou steun vir boere en doen dit op n professionele manier.Los jou vlag by huis, los polisie uit.Die media wag net dat jy moet oortree sodat hulle jou kan “snap” en ons wereldwyd weer sleg uitgebeeld word.As blanke moet jy begin mooi dink, jy is in n ander SA!

pietie ·

‘n eie staat klink belaglik, en sal nie kan gebeur nie, maar dis eerlik waar die antwoord, dan het jy ‘n keuse waar jy wil bly in die MIX , of in die SKOON. ons , ek insluitend het daai tyd vir orania gelag……. en nou? vandag lag hulle vir ons……… rassise spanning kan net vir soveel jare drukking opbou, dan gaan iemand van ‘n ras maak nou nie saak wie nie, want almal is keelvol vir almal, en die vredemakers se invloed by ‘n byeenkoms as hul ‘n praatjie het hou net van korte duur, oor 3 dae is jy oor daai emosionele staat waarin jy was en jy is weer briesend en beinvloedbaar. Mens,,,,,, jy kan nie verwag so baie rasse dwing om saam te bly en oor die weg te kom nie, jitte man elkeen het sy eie kultuur, nou dwing hul ons om klaar te kom, so of ons moet hul kultuur aaneem, of hul ons sin. Ek gaan uit my pad om nice met die ander te wees en vrede te bewaar, maar dis net in ons gene, jy baklei teen jouself en wens vir ‘n eie staat.

Annoniem ·

Dit is so waar: Elke individu het ‘n groot verantwoordelikheid oor hoe hy teenoor ‘n ander ras optree. ‘n Kwetsende woord oor die kleurgrens heen kan iemand anders se lewe in gevaar stel.

Kom ons onthou wat God se Woord ons vertel van hoe om teenoor jou vyande op te tree..Seen jou vyande nie vloek nie ( al vloek en sing hulle moord liedjies ). Dit is nie naief nie, dit is om God te vertrou en te bid vir Sy hulp en beskerming.

Zelda ·

As hulle net so 2 handed vol die dood straf gee vir plaas moorde. Sal hulle vinnig agter kom as hulle gevang word is hulle dood. Dan mag die plaas Moorde dalk ophou. Dis omdat niks ergs met hulle gebeur dat hulle aan hou en aan hou. Hulle beef nie waar kom almal se kos vandaan nie. Boere se groente , boere se beste, skaape vark. Maar nee hulle dink nie so vervoor uit nie

Mike ·

Waar staan Soliforum mbt selfbeskikking of wil julle nie betrokke raak by ‘n langtermyn oplossing vir julle mense nie?

Johannes Meintjes ·

Intussen bly die wie van beter weet in versuim om beter te doen.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.