Die Suid-Afrikaanse Reserwebank (SARB) het nuwe veiligheidskenmerke op die Mandela-banknote aangebring.
“Om kenmerke op banknote te verander is ʼn voortdurende proses om te verseker dat die hoogste vlakke van gehalte en veiligheid gehandhaaf word,” het Gill Marcus van die SARB Woensdag in ʼn verklaring gesê.
Klein kolletjies is aan die voor- en agterkant van die banknote aangebring.
Die Mandela-banknote is 12 maande gelede in sirkulasie geplaas.