Kyle van Reenen, woordvoerder van Marshall Security, het gesê die ma en dogter het omstreeks 18:30 by die huis gekom en gesien dat die hek na die perseel oopstaan en ʼn onbekende motor in die oprit staan. Terwyl hulle by die oprit ingery het, het die boosdoeners skielik op hulle begin skiet.
“Die ma het vinnig agteruit gery, by die erf uit, en toe na die Marshall-veiligheidshuisie in die straat gery om hulp te kry. Binne minute was veiligheidsbeamptes op die toneel, maar die verdagtes het reeds in hul wegkommotor gevlug,” het hy gesê.
Volgens Van Reenen het een van die koeëls die vrou se motor getref, maar sy en haar dogter was gelukkig ongedeerd. Toerusting wat die verdagtes gebruik het om ʼn venster van die huis oop te breek, is langs die huis gevind. Dit is nie duidelik of enige items uit die huis gesteel is nie.
Maroela Media wag op kommentaar van die polisie.
Die berig moet lees:- Voetganger dood omdat hy voor n bewegende vragmotor ingeloop het. In SA het meeste voetgangers geen respek vir motors of vragmotors nie.
Niemand is dood nie Francis, en dit was nie ‘n bewegende lorrie in die inrypad nie maar ‘n stilstaande voertuig. Lees stadige volgende keer.
Nee Francis? ek jou nou bietjie verloor, dit niks met n voetganger te doen? dit was n huis inbraak” Ja nee kyk as n mens in jou oprit inry? en jy vermoed” dat dit n vreemde kar is en jou hek oop staan? moet eerder maar nie kanse waag om verder in te gaan ? draai eerder om en gaan soek hulp”’ Dit kon na iets baie erger gelei het”’ek dink nie hul het genoeg tyd gehad om iets te steel… die vrou het te vinnig op gedaag”’ Gelukkig is hul ongedeerd
Nie vreeslik slim om nogsteeds intery as jy n vreemde voertuig sien nie
So nou moet ons bang wees om in ons eie erwe in te ry. Dis haar verdomde reg om daar in te ry. Daar moet n paar sake teen die staat kom omdat ons nie veilig is nie, Dan sal hulle dalk plan maak om iets te doen aan die erge situasie in die land.