Sit dié koekies voor saam met ʼn lekker koppie tee.
Lewer 20 koekies
Bestanddele:
- 225 ml botter
- 60 ml strooisuiker
- 5 ml vanieljegeursel
- 250 ml koekmeelblom
- 125 ml mielieblom
- 40 g donker sjokolade, gesmelt
- 40 g wit sjokolade, gesmelt
Metode:
- Voorverhit die oond tot 180 ˚C.
- Klop die botter en suiker saam tot lig en romerig.
- Voeg vanieljegeursel by en meng goed.
- Sif die meel en mielieblom saam en voeg by. Meng tot ʼn sagte deeg.
- Skep dit uit in ʼn spuitsak met ʼn 1 cm-spuit en spuit 8 cm-lengtes op ʼn gesmeerde bakplaat.
- Bak vir 15 minute of tot verkleur. Laat afkoel.
- Spuit fyn strepies van die donker sjokolade in ʼn sigsagpatroon bo-oor en laat stol. Herhaal met die wit sjokolade.
- Bron: 101 kleinkoekies
- Uitgewer: Lapa
225ml botter. Noem dit eerder bottervingers met al daai botter.
Kontinentale vingers, botter vingers = treffer. Maak nie saak wat jy dit noem nie, maar dit bly nogsteeds ‘n treffer. Die gewildste van alle koekies.
Ai tog……daar moet altyd iemand wees wat met iets fout soek of onnodige kommentaar moet lewer. Dankie Maroela Media vir ‘n gratis nuusblad en nog heerlike en gratis resepte daarby!!!!!
ai daar gaan die diet weer – maar moenie worry nie ons sal volgende jaar weer probeer