Die Pietermaritzburg hooggeregshof het Donderdag gehoor dat ʼn Howick man nie beseer is toe hy glo deur sy werkgewers agter hulle bakkie aangesleep is nie maar eerder toe hy van die bakkie geval het terwyl dit beweeg het.
Lees meerAlles vir Donderdag 25 Augustus 2011
Saru en Supersport moet in parlement verskyn oor volkslied-fiasko
Die parlementêre portefeuljekomitee vir sport het gelas dat die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) en Supersport voor die komitee moet verskyn nadat die volkslied Dinsdagaand opgemors is tydens die aankondiging van die Springbokgroep vir die wêreldbekertoernooi.
AfriForum stel nuwe ondersoekeenheid bekend
AfriForum se ondersoekeenheid het vandag onthul dat die departement van paaie en vervoer in Limpopo verlede jaar op 30 November amptelik versoek het dat ʼn…
AfriForum-ondersoek onthul ongerymdhede in Limpopo-tenderproses
Die burgerregte organisasie, AfriForum, se ondersoekeenheid het vandag onthul dat die departement van paaie en vervoer in Limpopo verlede jaar op 30 November amptelik versoek het dat ʼn werknemer van On-Point Engineers weens beweerde korrupsie moet onttrek van enige deelname aan tenderprosesse in Limpopo.
Minister se uitlatings oor boere nie haatspraak
Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie het bevind dat die minister van huisvesting, Tokyo Sexwale, se uitlatings oor boere nie haatspraak was nie maar wel onsensitief was.
Bylmoordenaar geskik om verhoor te word
Die Durbanse landdroshof het Donderdagoggend gehoor dat die voormalige Blou Bul-speler, Joseph Ntshongwana, geskik is om verhoor te word.
Wikileaks-kabel: VSA vergelyk ANC met Apartheid regime
“Die party wat Suid-Afrika uit Apartheid gelei het, het teen 2010 in anti-demokratiese praktyke verval wat herinner aan die regime waarteen hy geveg het.”
Veldbrande eis reeds twee lewens
Verwoestende veldbrande wat in die Vrystaat en Noordwes woed, het reeds minstens twee lewens geëis, honderde stuks vee doodgebrand en duisende hektaar veld vernietig.
Sanvêller Diko van Zyl vertel
Inleidende opmerkings: Ek het al lankal geleer dat ek nie juis ’n goeie storie- of grapverteller is nie, in elk geval nie naasteby so goed…
25 Augustus 2011
Idioom:
Aand (awend, saans) rood, môre water in die sloot
25 Augustus 2011
Wil jy werklik gelukkig wees? Jesus sê: “Geseënd is die wat weet hoe afhanklik hulle van God is… is die wat treur… is die sagmoediges……