Alles vir Maandag 21 November 2011

AfriForum gereed vir Konstitusionele hofaansoek teen Geheimhoudingswet

“Een van die kenmerke van ’n demokratiese bestel is dat landsburgers teen wanpraktyke van staatsamptenare beskerm word. Indien hierdie wetsontwerp op die wetboeke afgedwing word, sal dit bykans onmoontlik wees. Sonder die vrye media en toegang tot inligting, sal enige bewerings dat Suid-Afrika ’n gesonde demokrasie is, van alle geloofwaardigheid gestroop wees,” sê Ernst Roets, adjunk uitvoerende hoof van AfriForum.