Vrou wat man glo in begraafplaas vermoor beken skuld

Die vermoorde Michael van Eck.

Die jong vrou wat aangekla word van die moord op die 23-jarige Michael van Eck, wat in ʼn begraafplaas vermoor en se lyk later vermink is, het Maandag skuld beken.

Beeld berig dat Chané van Heerden (21) skuld beken het in die rondgaande hof in Virginia tydens die begin van die moordverhoor. Van Heerden en haar verloofde, Maartens van der Merwe word daarvan beskuldig dat hulle Van Eck op 2 April na ʼn begraafplaas in Welkom gelok en vermoor het. Volgens die akte van beskuldiging het Van Heerden en Van Eck mekaar op 31 Maart op ʼn gesels-webwerf ontmoet. Van Heerden het Van Eck glo onder valse voorwendsel na die begrafplaas gelok waar sy en Van der Merwe hom glo oorval en verskeie kere met messe gesteek het.

Maartens van der Merwe en Chané van Heerden word aangekla van die moord op Van Eck.

Hulle het daarna glo Van Eck lyk opgesny en sy kop, nek, linkervoet en regterarm gevat en met sy se motor na hul huis gery. Daar het hulle glo die vel, oë en ore van Van Eck se kop verwyder en dit in hul vrieskas geplaas terwyl die res van die liggaamsdele in hul tuin begrawe is. Van der Merwe se verhoor is van Van Heerden se verhoor geskei. Van der Merwe is glo al op 14-jarige ouderdom as ‘n skisofreen gediagnoseer. Die verhore sal van 21 November tot 2 Desember plaasvind.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.