Die Solidariteit Helpende Hand-tak in Ceres het hulle naam gestand gedoen deur gisteraand inderhaas ondersteuning te verleen aan ongeveer 200 brandslaners in die Tulbagh/Wolseley-omgewing waar verwoestende brande sedert Saterdag woed.
Lees meerAlles vir Dinsdag 10 Januarie 2012
Dakar: Giniel de Villiers en ander SA-ners vaar steeds baie goed
Die Suid-Afrikaner Giniel de Villiers het sy vyfde posisie algeheel in die Dakar-wedren in Chili behou ná hy sesde in die agtste skof tussen Copiapo en Antofagasta geëindig het.
Polisie konfiskeer wilde tier se karkas uit restaurant
Polisie het die karkas van ʼn bedreigde wilde tier uit ʼn restaurant in Hanoi, Viëtnam, gekonfiskeer waar hulle glo besig was om dit te kook om ʼn duursame tradisionele medisyne daarvan te maak.
Veldbrand woed steeds in Tulbagh
Die veldbrandseisoen in die Wes-Kaap het met ʼn reuse veldbrand in die berge buite Tulbagh in die Wynlande begin, het EWN berig.
Omstrede hoëspoedspoorlyn in Londen goedgekeur
Die Britse regering het die oprigting van ʼn omstrede hoëspoedtreinspoor tussen die land se twee grootste stede goedgekeur, ten spyte van teenstand van meeste inwoners wat langs die voorgestelde roete bly.
Landswye beurtkrag weer ‘n moontlikheid, sê Eskom
Eskom het aangetoon dat daar ʼn groot kans is dat kragonderbrekings in die land kan voorkom, het EWN Dinsdag berig.
Video: Stormloop by UJ
‘n Video van die stormloop Dinsdag by die Universiteit van Johannesburg.
Selebi steeds kritiek
Die veroordeelde voormalige polisiehoof, Jackie Selebi, is steeds in ʼn kritieke maar stabiele toestand by die Steve Biko Akademiese Hospitaal in Pretoria, het die departement van korrektiewe dienste Dinsdag gesê.
UJ-stormloop: meer inligting
Die moeder van ʼn voornemende student is Dinsdagoggend dood en 20 mense beseer tydens ʼn stormloop by die Universiteit van Johannesburg (UJ), het Johannesburgse Nooddienste gesê.
Unisa-professor wat glo verkrag weer op vrye voet
Die polisie het die professor in sielkunde aan die Universiteit van Suid-Afrika (Unisa) wat van verkragting aangekla word, op borgtog vrygelaat aangesien dit blyk dat die twee vermeende slagoffers toestemming tot die daad verleen het.
Bybel glo gewildste boek in Noorweë
“In Noorweë is dit nie Harry Potter of Lord of the Rings wat boaan die trefferlys van boeke staan nie. Dit is die Bybel,” skryf Leopold Scholtz in sy rubriek in Beeld, 9 Januarie 2012.
Nuuskommentaar: Alles wat blink is nie platinum nie
Terwyl die oë van die wêreld onrustig op die Europese ekonomie gewerp word, het iets amper stil-sil gebeur wat Suid-Afrika dalk veel ernstiger kan raak: die afgelope paar dae het iets ongewoons gebeur: die prys van goud is meer as $200 per fyn ons hoër as die prys van platinum.
ANC op 100: Breë kerk? Verdeelde kerk!
Terwyl die ANC trots daarop aanspraak maak dat dit ‘n breë kerk verteenwoordig, is dit duidelik dat dit ‘n verdeelde kerk is wat verlam word deur ideologies teenstrydighede.
Stormloop by UJ: dinge nou weer rustig
Alles is nou weer rustig by die Universiteit van Johannesburg ná ʼn stormloop vanoggend waar ʼn voornemende student se moeder gedood en 17 ander beseer is, het EWN berig.
Waterkloof 4: hof moet nou besluit
Die prokureur vir twee van die sogenaamde Waterkloof-vier sê die hof moet nou ʼn besluit neem oor die lot van die twee wat vrygelaat is, berig EWN.
ANC-eeufees: 2 wat glo laserstraal na helikopter wys, verskyn in hof
Twee mans het Maandag in die landdroshof in Bloemfontein verskyn nadat hulle glo ʼn groen laserstraal na helikopters gewys het wat van twee lughawens in Bloemfontein opgestyg het.
Stormloop by UJ: een dood, talle beseer
Een vrou is dood en 17 mense is beseer tydens ʼn stormloop by die Universiteit van Johannesburg Dinsdagoggend, het Johannesburg se nooddienste gesê.
Polisielid wat vrou in tronk verkrag het steeds in aanhouding
ʼn 31-jarige polisiebeampte wat in hegtenis geneem is op aanklag dat hy ʼn verhoorafwagtende gevangene verkrag het, sal tot sy volgende verhoordatum in Maart in aanhouding bly, het KwaZulu-Natal se polisie Maandag gesê.
Herrie los na kind in motor toegesluit is: mans nooit aangekla nie
Die twee mans wat glo ʼn kleuter oor die naweek by ʼn winkelsentrum in Welkom in ʼn bloedige motor toegesluit het, is vrygelaat omdat die polisie hulle nie aangekla het nie, het ʼn woordvoerder Maandag gesê.
Paddas, paddas, paddas
‘n Paar uitdrukkings wat die woord “padda” bevat en waar hul vandaan kom!