Opbrengste uit misdaad wêreldwyd beloop sowat R2.1 biljoen per jaar.
Lees meerAlles vir Maandag 23 April 2012
Judas-akteur hang homself per ongeluk
ʼn Brasiliaanse akteur wat Judas in The Passion of the Christ gespeel en homself per ongeluk gehang het, is Sondag dood.
Polisiebeampte skiet vrou, pleeg selfmoord
ʼn 32-jarige polisiekonstabel het Sondag sy vrou doodgeskiet en toe selfmoord gepleeg.
“Apartheid kan weer kop uitsteek”
ʼn Onderdrukkende bestel soortgelyk aan apartheid kan weer kop uitsteek indien Suid-Afrikaners nie meer betrokke raak en die regering verantwoordbaar hou nie, het die komediant Pieter-Dirk Uys gesê.
Aanklagte teruggetrek teen polisieman in Tatane-saak
Aanklagte teen een van die polisiebeamptes wat beskuldig word van die moord op die Ficksburg-betoger, Andries Tatane, is Maandag in die rondgaande hof op dié dorp teruggetrek.
Taalgebruik: kondisie, toestand
Wat is die verskil in gebruik tussen “kondisie” en “toestand”? Taaltoffie stel ondersoek in.
Hoe werk werkloosheid?
Hoe werk werkloosheid? Lees Piet le Roux se insiggewende bydrae.
Amper-pa deur rowers doodgeskiet
Johan Erasmus (40) is Saterdag dood nadat hy sy lewensmaat en haar kinders probeer beskerm het teen ʼn groep rowers by hul huis in Rietvlei in Pretoria.
Seun steeds kritiek ná taxi hom omry, sleep
ʼn 15-jarige seun van Johannesburg is steeds in ʼn kritieke toestand in die hospitaal nadat hy sowat twee weke gelede deur ʼn taxi omgery en meters ver gesleep is.
Nuuskommentaar: Watter land het die beste grondwet?
Tydens die landwye toesprake van die Openbare Beskermer maak sy gereeld die stelling dat dit algemeen bekend is dat Suid-Afrika die beste grondwet in die wêreld het. Maar is dit so?
Skinstad jammer oor “coconut”
Die voormalige Springbokkaptein en rugbykommentator, Bob Skinstad, het om verskoning gevra nadat hy glo ʼn neerhalende term gebruik het tydens ʼn Super 15-wedstryd tussen die Sharks en die Chiefs.
Man in polisiesel vermoor
Eben Meyer (47) is na bewering Saterdag in ʼn polisiesel vermoor nadat hy weens openbare dronkenskap in hegtenis geneem is.
Motorfietsryer vas oor spoed
ʼn 37-jarige motorfietsryer is Sondag op die N1 naby Nasrec, suid van Johannesburg, vasgetrek nadat hy meer as dubbel die wettige spoedgrens gery het.
Goue Stormers, gelukkige Bulle, dankbare Leeus.
In sy jeugdige voortvarendheid het CJ Stander amper die drie verbrou deur aan die bal vas te klou wat die Bulls seker in ʼn onbenydenswaardige posisie sou geplaas het. Gelukkig het die Bulls die wedstryd 34-32 gewen, maar die Brumbies het met ʼn volle twee punte uit die wedstryd gekom wat hulle nog bo-aan die Australiese groep hou.