ʼn Youtube-video is vandag gelaai wat die bisarre e-tolstelsel kortliks in meer perspektief plaas. Daar is ook ‘n skakel na ‘n webwerf met ‘n versameling artikels van hoe belasting geld gebruik word. Die boodskap is duidelik uit die video en versameling artikels: Belastingbetalers het nou genoeg gehad dat hul geld ‘gesteel’ word.
Lees meerAlles vir Vrydag 4 Mei 2012
Touchy, die menslike kamera
Eric Siu, ‘n kunstenaar van Hong Kong het ‘n draagbare kamera ontwerp wat die draer verblind totdat iemand aan die persoon raak.
Vliegtuig-ongeluk in KwaZulu-Natal
‘n Ligte vliegtuig het Vrydagmiddag naby Virginia-lughawe in Durban op ‘n strand neergestort.
“Rassistiese” model Jessica Leandra laat die tonge klap op Twitter
Sosiale netwerk Twitter gons Vrydag oor ʼn rassistiese tweet wat die model Jessica Leandra publiseer het.
Pienk pantoffels bring toe gróót moeilikheid
ʼn Kolonel in die Suid-Afrikaanse Lugmag is in Brooklyn-winkelsentrum in Pretoria afgeneem in volle uniform, met skelpienk pantoffels.
wat het van die afrikaners geword?
“Talle bydraes tot die Groot Debat lig inderwaarheid welspekend uiteenlopende probleme van Afrikaners toe, maar pleks daarvan om grondliggende redes te ondersoek, word nie-Afrikaners dikwels daarvoor verantwoordelik gehou. So ‘n slawementaliteit, tipies van Afrika, pas egter nie by ons nie…
Katastrofies! Die kat kom weer… En weer… En weer…
‘n Kat in Johannesburg wat sowat 1 uur en 45 minute in ‘n wasmasjien se tuimelsiklus spandeer het, het sonder ‘n skrapie uitgeklim.
Verbied selfone in skole, vra NVS
Die Nasionale Vereniging van die Skoolbeheerliggame (NVS) wil graag ʼn verbod plaas op die gebruik van selfone in Suid-Afrikaanse skole.
Nuuskommentaar: Klimaatverantwoordelikheid teenoor die natuur
ʼn Groot debat word gevoer oor hoe groot die mens se rol is om klimaatverandering teweeg te bring. Oor of die klimaat aan die verander is, ongeag die redes, is die debat nie so groot nie, en word nou meer gefokus op studies oor hoé klimaatverandering die omgewing verander, en hoe dit die mens en ander lewensvorme gaan affekteer.
N1 in JHB Donderdagaand vir verkeer gesluit ná ongeluk
Een man is dood en vyf ander beseer ná ʼn kettingbotsing van drie motors op die N1-noord naby die New Road-afrit in Johannesburg.
Video: Hoe om die beste papiervliegtuigie te vou
Hoe vou mens die beste papiervliegtuigie?
Chapman’s Peak weer gesluit vir verkeer
Die Wes-Kaapse departement van vervoer en die provinsiale ministerie van openbare werke het Donderdag bevestig dat Chapman’s Peak-rylaan weer tot verdere kennisgewing gesluit is.
“Kom ons kook vir jou meer geld,” sê skelms
ʼn Vrou in die Oos-Kaap is glo oortuig dat haar kontant sou vermeerder indien sy dit in chemikalieë kook.
‘Ses van die beste’ word glo gemaklik uitgedeel in Oos-Kaap
Kinders wat in die Oos-Kaap bly, ontvang glo meer pakslae as in enige ander provinsie in die land, sê StatsSA.